Voorwoord

Voorwoord (Lees asb eers, indien dit u eerste keer by hierdie blog is, anders kan u gerus met die blad afrol ondertoe om by die blog uit te kom)

Daar het ‘n gedagte in my opgekom toe ek nog redelik jonk was, dat alles wat geskryf of gedruk is nie die volle waarheid is nie. Later het ek besef dat alles wat gelees kan word, bestaan uit kaf en korrels. Nog later het ek besef dat niks in die materie volmaak is nie, daarom kan geen geskrif net uit korrels bestaan nie. Die geskrifte wat jy voor jou het, liewe leser, moet asseblief op dieselfde grondslag beoordeel word. Ek vra jou nie om alles wat jy lees te aanvaar nie, maar soek die korrels volgens jou begrip en gewete uit.
Ongeveer halfpad deur my lewe het ‘n argument, in ‘n baie goeie gees met ‘n goeie vriend van my plaasgevind. Die vriend is ‘n seviele ingenieur en ons het gepraat oor ‘n ontwerp van ‘n staalbalk wat verkry kan word deur ‘n bestaande I balk tandvormig te sny en dan die “tande” op mekaar vas te sweis om ‘n groter balkdiepte en dus ‘n groter dravermoë te verkry.

Fig. 1
‘n Solide I balk word tandgewys gesny en dan word die twee helftes teenoor mekaar geskuif en weer aan mekaar gesweis om weer ‘n dieper I balk te vorm.
Fig. 2
Die vergrote I balk wat meer as 3 keer die dravermoë van die oorspronklike balk sal hê, sonder dat die gewig vermeerder.

Hierdie mag vir die leek ‘n bietjie te tegnies wees, maar wees egter geduldig, ek probeer die verskil in siening verduidelik.
My argument was dat sweislas S nie te kort mag wees nie, want dit sal tot gevolg hê dat die las gaan skuifskeur (shear). Hy het gesê daar is nie daardie soort spanning in die middel van ‘n balk nie. Eintlik was ek met my matriek ‘n bietjie vermetel om met ‘n ingenieur te stry oor iets in sy vakgebied. Ons verskil het gekom omdat ons die voorwerp verskillend gesien het. Hy het Fig. 2 as ‘n eenheid gesien, wat dit werklik was! Daarteenoor het ek dit as twee aparte balke gesien, omdat as sweislas S korter word, beweeg dit nader na 0, wanneer dit werklik twee balke is. Op een of ander lengte van die sweislas sou dit skuifskeur. Die ingenieur het later toegegee dat ek reg was, maar dit is nie van belang nie. Wat ek probeer tuisbring is dat verskillende mense op verskillende maniere na ‘n geskrewe stuk kyk en ek gaan geensins ‘n leser kwalik neem indien hy of sy van my verskil nie.
Dat ek met die geskrifte op mense se tone gaan trap is onvermydelik, maar as dit nie die geval was nie; waarom skryf ek dan? Indien die leser net ‘n paar “korrels” ontdek, is ek verheug en weet ek dat dit die moeite werd was. Sien tog maar die teenstrydighede oor, soos wanneer ek bv. snedigheid veroordeel terwyl ek self dikwels snedige dinge skryf. Ek self is baie ver van volmaak af, sien tog maar die foute oor.
Ook is ek nie ‘n taalkundige nie en daar is beslis baie ruimte vir verbetering, om vloeiende leesgemak te verseker, maar ek vra tog dat verandering versigtig gedoen moet word, aangesien ‘n woord verandering ‘n bedoelde begrip verlore kan laat raak.

Thursday, February 11, 2016

Wensdenkery



Wensdenkery
           
            Na aanleiding van ‘n televisie program.
            Meneer die wetenskaplike, jou begrip van ‘n ‘black hole’ is lagwekkend, maar daar is in jou relaas tog enkele waarhede, soos bv. dat energie die ‘black hole’ binnegaan. Binne in ‘n ‘black hole’ is geen materie nie, dus as jy dink aan energie soos ons dit ken, sal dit onmiddelik omgeskakel word na onwaarneembare energie, wanneer dit die ‘black hole’ binnegaan, omdat daar geen tyd en afstand is nie, slegs Primêre Energie. Die wetenskaplike beskik oor geen toestel wat daardie energie kan waarneem nie.
            Dan praat jy oor die dag wanneer die son ‘n supernova stadium gaan bereik. Julle gaan dan die aarde verder van die son af trek en wanneer die son ‘n koue dwerg word, gaan julle self die nodige energie opwek en wanneer die heelal tot niet gaan, skep julle self ‘n heelal en daarna sommer nog een! Siestog waarmee hou die arme sot hom besig, om nie eers te praat van die sotte wat die snert beeldsend nie!
            Die werklikheid is dat alle materie verweer. Daardie verwering vind natuurlik plaas, of word bespoedig deur veral die optrede van die mens. Wanneer ons die geskrif “Antibiotika” lees, sien ons wat die mens se optrede op die aarde tot gevolg het. Die mens het egter geen beheer oor die beweging van die hemel liggame nie. Dit word in die geskrifte van die profetes Bertha Dudde beskryf. Ek haal aan: 205 (Die sterre en planete) “---- nie een daarvan kan sy baan anders laat gaan as wat God dit bepaal het nie”. 254 (Aangaande menslike ondersoeke.) “Sou julle dit wil deurgrond, dan sou julle met wette rekening moet hou, wat tot nou toe volkome onbekend vir julle is”. 258 (Aangaande oorsprong van energie.) “Die sonne wat aan hierdie sterre hulle lig en hulle warmte afgee, is van sodanige verskillende afmetings, dat geen mens op aarde self daaroor ‘n voorstelling sou kan maak nie, want dit is gebiede wat ontoeganklik is vir menslike ondersoek en maar net foutiewe gevolgtrekkings sou oplewer”.
            Kom ons kyk nou hoe materie geskep is: 1586 “Want wat julle gewaarword in die skepping is uiterlik, na buite toe, wel materie, maar in sy diepste grond geestelik, dit wil sê, krag uit God, wat Homself verdig het tot vorm. …… krag is iets geestelik ….. “. Wat ons hier duidelik merk, is dat ‘krag’ geestelik is. In die materie is krag duidelik meetbaar, maar hoe word dit in die geestelike gemeet? Energie en krag is sinoniem, maar hoewel ons bewus is dat in die heelal ongelooflik baie energie is, kan ons die geestelike energie nie vergelyk met die energie wat ons in die materie ken nie. Wat my betref is geestelike energie primêr en die energie in die materie sekondêr. Dus Primêre Energie en sekondêre energie.
            God is gees, dus moet energie uit God Primêre Energie wees. Ons aanhaling lees: “krag (Primêre Energie) uit God, wat Homself verdig het tot vorm” (materie). Is dit duidelik? God is Primêre Energie, daarom is die proses van verdigting, deur Homself aan Homself gedoen. “Sy skepping is krag (Primêre Energie) wat van Hom uitgegaan het, wat gestalte (sintuiglik waarneembaar) aangeneem het volgens Sy Wil”. Verder dit: “En al die geskapenes word ononderbroke met Sy liefdeskrag gevoed. Gevolglik is ook dit wat deur God geskape is, onverganklik, ofskoon dit van uiterlike vorm verander en skynbaar vergaan. Niks kan daar in die heelal verlore gaan of vergaan tot niks nie, want alles is Goddelike krag, (Primêre Energie) dus onverganklik”.
            God trek sy Wil van die uiterlike vorm van Sy skeppingswerk terug en hierdie vorm hou skynbaar op om te bestaan, maar is slegs vir die oog van die mens onsigbaar, tot God Sy liefdeswil opnuut tot vorm laat word”. Dit beteken dat die onvernietigbare Primêre Energie weer tot materie gebind kan word. Hierdie omskakeling gebeur deurdat die vrye Primêre Energie, wat geestelik is, gebind word met tyd en afstand (ruimte) wat die vorm van materie aanneem. Hierdie proses word  meer volledig in die geskrif “Toeval” beskryf.
            Aanhaling: “Die skynbare vernietigingswerk het egter tot gevolg dat Goddelike krag nie altyd erken word as Oersubstansie van die skepping nie. …. dat mense die skeppende krag van ‘n wesenlike Godheid probeer verloën en hierdie krag (Primêre Energie) graag sou wil vervang, deur die aan die mens geloofwaardig skynende oernatuurkrag, (sekondêre energie) wat onafhanklik is van ‘n bestaande Wese wat in Homself bepalend is”.
            Indien wat hierbo geskryf is vir jou sinvol is, kan jy verder lees. Hoe het Jahshua mense selfs oombliklik genees? Omdat Hy skeppingsmag het, kon Hy die siek weefsel van die persoon tot die vrye Primêre Energie vrymaak en dan weer gesonde weefsel skep in die plek van die ontbonde siek weefsel.
            Wat gebeur wanneer ‘n siek persoon deur ‘n mediese dokter ondersoek word en die dokter is nie seker wat die probleem is nie? Die pasiënt word na ‘n spesialis gestuur, wat met die hulp van gevorderde toerusting vasstel dat daar ‘n vergroeisel is, wat moontlik kankeragtig kan wees. Die spesialis besluit om te opereer en die gewas te verwyder. Die operasie word gedoen in ‘n goed toegeruste teater, met ‘n span kundiges wat die spesialis bystaan. Alles is deeglik gesteriliseer, want daar mag geen bakterië of virusse die pasiënt se liggaam binnegaan nie. Die snit deur die weefsel is diep en moeilik. Wanneer die gewas bereik word, word dit sorgvuldig los gesny. Dan word die wond weer laag vir laag toegewerk. Die gewas word ontleed en die bevinding is dat dit wel kanker is. Die chirurg wonder of alles volledig verwyder is, want dit is tog moontlik dat ‘n geringe deeltjie kon agtergebly het, wat vorentoe probleme kan veroorsaak. Omdat ek weinig kennis van so ‘n operasie het, is dit waarskynlik dat daar nog baie detail bygevoeg kan word. Dan moet ons ook kyk na die gevalle waar liggaamsdele verwyder word. Dit is totaal onmoontlik dat ‘n alwyse Skepper onnodige dele in ‘n liggaam sou inbou. Elke liggaamsdeel het ‘n funksie, al dink die dokters nie altyd so nie, omdat die pasiënt bly leef na so ‘n operasie.
            Na die omslagtige operasie van die chirurg – wat tog nie altyd suksesvol is nie! Die wonderwerke wat Jahshua op aarde gedoen het, is vir die materie mense so ongelooflik, dat hulle Sy bestaan ontken. Vergeet maar julle wensdenkery en erken die oppermag van die Skepper, dan het julle mos nie nodig, om as mense met Hom te kompeteer nie! Vergelyk nou Sy helende werke met dit waartoe die beste mediese wetenskaplikes 2000 jaar later in staat is. Alles wat deur die Skepper opgelos is, is deur Hom herskep! Lukas 5 : 17,18,24,25. “En op een van dié dae was Hy besig om te leer; en die Fariseërs en die wetsgeleerdes wat gekom het uit elke dorp van Galiléa en Judéa en uit Jerusalem, het daar gesit, en daar was krag van die Here om hulle gewees. En daar het manne ‘n mens wat verlam was, op ‘n bed gebring, …. sê Hy vir die verlamde man: Ek sê vir jou, staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe. Hy staan toe onmiddelik voor hulle op, neem sy die bed op waar hy op gelê het, en gaan na sy huis, terwyl hy God verheerlik”.
            Opmerklik die krag van die Here. Was dit Primêre Energie, waaruit alles bestaan? Het Jahshua die siek weefsel, wat die verlamming veroorsaak het, opgelos en gesonde weefsel in die plek daarvan geskep? Primêre Energie is 100% suiwer en kan geen bakterie saamdra wanneer Dit deur materie beweeg, om vir nuwe skepping oombliklik gebruik te word. Selfs ‘n dooie wat al geruik het, het Hy opgewek! Het Hy al die weefsel opgelos en herskep?
            Dieselfde sal ook met die aarde gebeur by Sy wederkoms. Grootte maak geen verskil nie, want Hy het die heelal geskep!
            Wat daardie wetenskaplike ookal te sê gehad het; geen mens kan materie skep sonder die wil van Elohim nie en Hy haat hooghartige mense! Graag wil ek nog ‘n gedeelte aanhaal: 2494 “Wat is die wêreld en wat is sy materie? Hierdie vraag hou baie mense besig en tog is hulle nie in staat om hierdie vraag met hulle verstandelike denke op te los nie. …. , want voorheen was die materie as geestelike substansie onsigbaar. …. materie is iets wat geen ewigheidsbestaan het nie. Sodra die materie oplos (van die inperking van tyd en afstand onthef word) en die vorm uiteenval, streef die vry geworde geestelike tot die geestelike wat aan hom gelyk is”. Soort soek soort en bereik vereeniging onmiddelik, omdat dit onthef is van die sleur van tyd en afstand.   

No comments:

Post a Comment