Permanente Magnete
In ons skei-nat klas
op skool het ons geleer van Newton se formules of wette, wat gegaan het oor
energie wat ‘n voorwerp in beweging kan bring, of spoed kan laat verminder, of
vermeerder, of van rigting kan laat verander ens., maar daar was ‘n byvoeging:
“Of probeer om dit te doen”. Dit is baie belangrik. Daar bestaan honderde
voorbeelde, om maar een te noem; die vol dam waar die opgegaarde water ‘probeer
om dit te doen’, totdat die sluise van die afvoerpype na die turbines van die kragopwekkers
oopgemaak word om die potensiaal te benut. Nou moet ons onthou dat die ‘probeer
om dit te doen’ in dié geval gedoen is en die energie is gebruik en sal nie
sonder aanvulling van ander water weer gebruik kan word nie. In die geval is
sekondêre
energie gebruik om sekondêre energie op te wek, want die son het reeds die Primêre
Energie omgeskakel en die sekondêre energie wat vrygestel is, het die
verdamping van die seewater tot gevolg gehad wat as reën op die aarde geval het en die
dam weer gevul het.
Kom ons kyk nou na ‘n
permanente magneet. Permanente magnete is voortdurend besig om trekkrag op
yster, of ‘n ander magneet uit te oefen. Wanneer in stilstaande toestand,
probeer die magneet voortdurend om die ander magneet of stuk yster nog nader te
trek. Die ‘probeer om dit te doen’ is verstaanbaar, maar wanneer die magneet
van die ander voorwerp verwyder word, is daar heelwat energie gebruik en
wanneer dit teruggeplaas word, is daar weer energie verbruik, tog het die magneet
nie ‘n vermindering van die potensiaal tot gevolg nie! Die magneetveld van die
aarde verminder ook nie. Wat gebeur met die magneetvelde op die son? Na
miljoene jare van uitbarstings raak dit nie opgebruik nie! Lank gelede is
magneet-ontsteking gebruik in trekker enjins. Die magneet wat gebruik is het
nie sy magnetiese vermoë verloor nie. Hoe gebeur dit? Is die magneet in staat tot
ewigdurende beweging? Vir hoeveel eeue al soek mense na die ‘resep’ wat maar
nie gevind kan word nie! Ons wyse Skepper het ‘n perfekte balans in die trek-
en stootkrag van magnete ingebou! Sonder Sy hulp sal daardie eienskap nooit
verbreek kan word nie. Glo jy as mens, aan ewigdurende beweging?
Ek glo nie daaraan
nie! Energie (1) kan nie vernietig word nie en (2) kan ook nie geskep word nie.
Alhoewel wetenskaplikes met die eerste stelling kan saamstem, gaan kerkleiers
my aanvat oor die tweede stelling, want hulle gaan beweer ek trek die Skepper
se almag in twyfel. Die probleem is dat hulle blykbaar nie ‘n benul het van Sy
allesomvattende almag nie! Energie IS en alles in die heelal IS Energie
in een of ander vorm. Alles in die heelal word beheer deur ons liefdevolle,
alwyse en almagtige Skepper.
Ewigdurende beweging
sou die skep van energie tot gevolg hê. Hoe kan energie geskep word as alles
wat bestaan energie is? Hoe kan iets vermeerder word as alles wat bestaan
dieselfde entiteit is? Waaruit sal dit dan geskep word? Primêre Energie
kan nie geskep word nie, maar kan wel verander word. Die proses van verandering
sal vir die mens onverstaanbaar bly solank die mens in die materie verkeer. As
volmaakte geestelike wese sal die siel van die mens wel begryp, want dan sal hy
deel hê
aan nuwe skeppings. Die materie mens sal na die wederkoms wel gebruik kan maak
van die omsetter van Primêre Energie na sekondêre energie, deur middel van die
permanente magneet motor, maar sal op daardie stadium steeds nie die proses
verstaan nie, maar dit sal nie belangrik wees nie, want die gebruik sal
voldoende wees en die mens sal in staat wees om soveel van die omsetters te vervaardig
as wat nodig is. Dit sal voorsien in al die behoeftes wat energie betref, want
die basiese element om magnete te verkry, is baie volop op aarde.
Indien die werking
van die omsetter bv. aan my bekend is, soos om ‘n magneet motor te laat werk en
ek beoog om geld te maak met die uitvinding; want ons moet onthou dat
energie die grootste belegging op aarde is, dan sit ek reeds ‘op die hoë
berg’ met die aanbidders van Lucifer om my en het ek reeds die knie voor
Lucifer gebuig! Die aanbidders van Lucifer se grootste vrees is dat hulle hul
beheer oor die energie bedryf kan verloor. Daardie uitvinding sal deur hulle
gegryp word, dan sal hulle my vermoor. Hulle sal voortgaan om die aarde van sy
fossielbrandstowwe te beroof, tot dit opgebruik is en dan sal hulle die
uitvinding tot hulle eie voordeel gebruik, om die mensdom steeds as slawe te
behou.
Dit is die rede
waarom ek glo, dat ons liefdevolle Vader die kennis sal weerhou, tot na Sy
wederkoms. ‘n Waarskuwing aan almal wat so naarstiglik soek na die geheim van
ewigdurende beweging. Jy soek na jou doodvonnis!
Ewigdurende beweging
word moontlik gemaak deur die omskakeling van Primêre Energie na sekondêre
energie soos in die son. Tot ‘n mate is ‘n magneet verwant aan die son, dis
slegs die uitgee van energie wat verskil, tog is die opneem van Energie
soortgelyk, want die Bron is dieselfde. [Hersirkulering maak dat dit ewigdurend
is.]
Hoe gaan ‘n
doeltreffende magneet motor die wêreld beïnvloed? Alle bestaande
oliebronne sal verseël word en verdere eksplorasie sal gestaak word, want die
verbranding van petroleum produkte is besoedelend. Alle steenkoolgroewe sal
toegestoot word, want die verbranding van steenkool is besoedelend. Alle gesoek
na, en ontginning van aardgas sal gestaak word. Kernkrag sentrales sal gesluit
word. Daar is bykans geen vorm van
energie opwekking, wat nie geraak gaan word nie.
Werksgeleenthede gaan verdwyn. Selfs
die wat dink hulle leef volgens die reëls gaan geraak word. Minstens 6 biljoen
mense gaan sonder werk sit. Die enigste vorm van energie opwekking sal moontlik
in die begin vanuit die liggaam van mens en dier wees, indien daar genoegsame
voedsel is!
Sal die toestand geleidelik
plaasvind? Indien die mensdom volgens die huidige norme voortgaan, kan die antwoord moontlik ja
wees, maar daar sal gedurende die proses soveel wrywing en onluste wees, dat
die bevolking drasties sal afneem, maar dit sal nie voldoende wees nie. Eers na
die wederkoms sal die wêreldbevolking van so ‘n aard wees, dat ontwikkeling van
voor af kan begin. Dan kan die magneet motor tot kragbron ontwikkel word.
Op internet is daar talle voorbeelde
van magneet motors waarop aanspraak gemaak word dat dit doeltreffend werk, maar
ek is nie oortuig van die egtheid van die aansprake nie! Gedurende die laat
dertigerjare van die vorige eeu, was ‘n voorbeeld van ‘ewigdurende beweging’ op
die Rykskou in Johannesburg vertoon. Dit was ‘n wiel met gleuwe in die speke en
die binnekant van die buite ring. In die gleuwe is staal balle geplaas wat as
gevolg van hulle beweging die wiel aan die draai sou hou. Min mense het bemerk
dat die wiel aangedryf is met ‘n lugstroom wat deur die basis van die wiel vir
die momentum verantwoordelik was. Wat die voorbeelde van magneet motore op
internet betref, is dat dit net met elektriese windings gepaard gaan. Dit is
nie ‘n nuwe beginsel nie en hou geen gevaar vir die fossiel brandstof base in
nie. Dit is slegs die volledige magneet motor wat hulle bedreig. Baie soekers
na die volledige magneet motor sal bemoedig word deur al die modelle wat vertoon
word, maar hulle kan seker wees dat dit nie vertoon sou word, indien dit die
ware Jakob was nie.
Die wederkoms gaan twee baie
belangrike gevolge hê. In die eerste plek sal Lucifer gebind wees en sy
aanbidders sal verwyder wees. Tweedens sal die nuwe volksplanting al die
nuutgeskepte materie tot hulle beskikking hê, wat hulle met die onderrig van
die Skepper nuttig kan gebruik. Dan sal die gebruik van die magneet motor
algemeen wees en daar sal geen besoedeling wees en niemand sal daaroor baklei nie,
want almal sal naastes wees, wat in liefde met mekaar sal saamleef.
Omdat geen masjiene uit die bose
periode sal oorbly nie, sal ‘n geheel nuwe begin gemaak word. Graag verwys ek
na Die huishouding van Elohim, Boek 1 Hoofstuk 31:19 “Daarom het die Meester in Sy barmhartigheid my ‘n plek getoon waarheen
ons sal gaan. Daar sal ons gereedskap vind gelyk aan wat al gegee is aan Sy
groot kinders wat op die groot hoogtes van die aarde woon ……” [of gewoon
het]. Wat hier in gedagte gehou moet word, is dat die geskiedenis wat hier
beskryf word millenniums gelede plaasgevind het. Hierdie vlugtelinge is slegs
van die basiese gereedskap voorsien, hoewel die mense van wie hulle af
weggevlug het, baie meer gevorderde gereedskap gehad het, wat hulle gebruik het
om hulle stede te bou, waar Lucifer aanbid was. Indien ‘n magneet motor op daardie
tydstip gebou sou word, sou dit ook gebruik gewees het in Lucifer se diens. Die
hoogste aanbidders in die hiërargie van Lucifer sal die besit van die magneet
motor verwelkom, asook die chaos, wat na die staking van die gebruik van
fossiel brandstof gaan plaasvind, want as hulle op daardie wyse van 90% van die
bevolking van die aarde ontslae kan raak, is die deursny van hulle piramide,
soos aangedui op die $ banknoot soveel makliker!
Die volgelinge van Meduhed het slegs
die nodigste primitiewe gereedskap ontvang. Dit was gedurende die tyd toe
Lucifer vryheid van beweging gehad het, soos nou nog steeds. Baie gevorderde
elektronika word tot ‘n groot mate in diens van Lucifer aangewend, daarom moet
dit vernietig word met die wederkoms. Wat gaan gebeur met die 144,000 wat die
nuwe volksplanting moet begin? Gaan die gereedskap wat aan hulle gegee gaan
word, net so eenvoudig wees as die in die tyd van Meduhed? Waarskynlik nie,
want Lucifer gaan gebind wees en sal nie die kinders van Elohim kan verlei, om
die gegewe gereedskap verkeerdelik te gebruik nie, dus kan die gereedskap meer
gevorderd wees.
Waarskynlik sal die magneet motor
hoofsaaklik die bron van energie wees, want die magneet neem soos die son,
Primêre Energie op en skakel dit om in sekondêre energie. Die son tot hitte [deur
middel van magneetvelde en die magneet tot aantrekking en beweging, waarmee
hitte opgewek kan word deur middel van elektrisiteit]. Die mense sal baie
vinniger opleiding van Bo ontvang as wat dit gedurende die tyd van Adam en Eva
gebeur het, tog was die opleiding gedurende daardie periode verstommend.
Almal wat worstel met die idee van
‘n magneet motor; wees geduldig, want die element wat die werking volmaak sal
maak, sal op die regte tyd voorsien word, deur ons Vader en Skepper. As jy dit
voortydig ontvang, sal jy vir Lucifer kan weerstaan?
Die
werking van permanente magnete kan oneindig verwarrend wees, wat vir die leek
onlogies voorkom, maar ook vir die geleerdes blyk dit raaiselagtig te wees,
anders sou dit algemeen vir baie meer doeleindes gebruik gewees het.
Hierdie
onderwerp is ook behandel in die geskrif Energie wat meer detail in sekere opsigte bevat.
Is
die binne beweging van die molekules van yster in ‘n chaotiese toestand in die
natuurlike vorm van die element? Soos wat die aarde woes en leeg was voor die
Skepper orde geskep het? Die Primêre Energie deurpriem alle elemente tot
in die ewigheid en kan orde in die proses bewerk, hoe diep Dit ookal ‘op pad’
na ewigheid is! Veroorsaak die orde permanente aantrekkingskrag in die ferrotipieë? Is
dit geseën
met voortdurende aanvulling? So bedoel om die mees bruikbare bron van sekondêre
energie te wees? Sal die 119de? element die werking van die permanente magneet
motor moontlik maak?
No comments:
Post a Comment