Tuinier of Slaaf?
Baie jare gelede het
die Boer ‘n plaas gekoop. Hy het besluit om ‘n vrugteboord te vestig en die
terrein skoon en gelyk gemaak, voordat hy die vrugtebome in netjiese rye
geplant het. Na verloop van ‘n paar jaar kon hy die eerste vrugte geniet!
Na nog ‘n paar jaar
het hy bemerk dat daar ‘n klompie Muisvoëls van die ryp vrugte gevreet het,
maar daar was nog meer as genoeg oor vir hom om van te lewe. Die vlytige Tuinier
het sy vrugteboord bemes, besproei en die onkruid uitgeskoffel en die boord het
pragtige vrugte voorsien. Na nog ‘n klompie jare bemerk hy dat die Muisvoëls
verdwyn het, maar dat die tuin ingeneem is deur ‘n groot swerm voëls
wat verskriklik raas. Of die lawaai wat die nuwe aankomelinge gemaak het, die
muisvoëls
verjaag het, kon die Tuinier nie dadelik vasstel nie! Hy het die boek ‘Voëls
van Suider Afrika’ geraadpleeg en volgens die beskrywing gevind dat die
nuwelinge Boskrappers [Phyllastrephus terrestris] genoem word. Volgens die beskrywing
in die handboek, sal hulle wanneer hulle kos soek, in lawaaierige swerms op die
woudvloer rondskuifel en blaarafval met hulle pote en snawels omkeer. Hulle
habitat is digte doringveld en immergroen rivierwoude. Wanneer ons na die kaart
kyk, wat hulle habitat aandui, merk ons dat dit Mosambiek, Zimbabwe,
Kwazulu-Natal en ook die Ooskaap insluit. Die res van Suider Afrika is nie deel
van hulle habitat nie.
Twee jaar later is
ons Tuinier besig om sy tuin te bewerk. Vir ‘n jaar lank het hy die nuwe voëls
dopgehou en hulle gewoontes goed leer ken. Wanneer hy die dammetjie rondom een
boom met water gevul het, het hulle net gewag tot hy met die volgende dammetjie
besig was, dan het hulle by die vorige dammetjie gaan water drink en in die
water gebad. Mettertyd kon hy hulle taal en hulle lyftaal redelik goed
verstaan. Daardie tyd reeds was hy bekommerd oor hulle vraatsugtige
vreetgewoontes!
Nou is hy besig om
onder die bome te skoffel en hy luister na die amper oorverdowende lawaai in
die bome. Hy weet waaroor die lawaai gaan. Hulle sit tussen die blare van die
bome wat hy geplant het en vervloek hom omdat hy hulle steur, terwyl hulle van
die vrugte wil vreet. Die voorman, of sal ons sê die voorvoël
het die grootste bek en vra vir die Tuinier: “Wat soek jy hier in ons tuin?”
Die Tuinier vra vir die grootbek Boskrapper: “Hoe kan jy sê dit
is julle tuin, want ek het die grond gekoop en die tuin aangelê?”
Die Boskrapper sê: “Jy het die grond van ons gesteel! K.k.k. lag hy uit
volle bors!”. Die Tuinier sê: “Dit lieg jy, want ek was voor jou op hierdie plaas!”. Die
Boskrapper sê:
“Jy moes nooit jou voete op die plaas gesit het nie”. Nou spring die hele swerm
al kwetterend van een tak na die ander, sodat van die blare afval! Terwyl die
swerm so raas merk die Tuinier dat die grootbek voorvoël weggevlieg het. Sou dit wees
omdat hy nie ‘n antwoord op die Tuinier se beskuldiging het nie? ‘n Ander een
haal weer die argument van die voorvoël op, dat hulle eiendomsreg op al die
plase het. Die Tuinier wonder: “As die argument van die Boskrappers aanvaar
moet word, wat dan van die Muisvoëls, want hy het hulle oor die hele
land aangetref, maar wat sou al twee die voëlsoorte gevreet het voordat die Tuinier
die bome geplant het?” Toe die argument aan die gang was, was daar nog niemand
om die saak van die verjaagde Muisvoëls te stel nie! Die Tuinier besluit om
nie verder oor grondbesit met die sotte te redeneer nie, want hy het nie ‘n
manier gehad om van hulle ontslae te raak nie.
Terwyl hy vanoggend
maar weer besig was om te skoffel, vlieg ‘n groot klomp geel en swart Torre hot
en haar tussen die vrugtebome deur. Hulle moedelose rondvlieëry
het sy simpatie gewek, tot so ‘n mate dat hy hulle kon verstaan. Hulle
ontsteltenis was die vraatsug van die Boskrappers, wat die nog onryp vrugte
voortydig tot op die pit kaal vreet! Dis egter nie al probleem nie! Die Torre,
wat geweet het wanneer die vrugte ryp is, het eintlik te laat by die boord
opgedaag en die enkele krummels wat die vrate agterlaat, was gladnie so
smaaklik ryp soos dit wat die Muisvoëls voorheen met hulle gedeel het nie!
Die torre wat nou ook
bygekom het, het die tuinier laat dink: Hoe is dit dat die Boskrappers, wat
eintlik buitelanders is, sy grond wat hy gekoop het en die hele vrugteboord,
wat hy geplant het kleim? Na regte was die Muisvoëls nog voor die Boskrappers in
die boord en gestel hulle kleim nou ook die vrugteboord? Of is hulle te bang
dat dit sal uitloop op konfrontasie met die agresiewe Boskrappers, wat
bowendien baie meer as hulle is? En nou die Torre! Gaan hulle die grond kleim en
sommer die vrugteboord ook! Gaan hulle argumenteer dat hulle in die grond
geskuil het toe die tuinier die grond gekoop het?
Dis tog eienaardig
hoe eetgewoontes kan verander! Wat het die klomp wat so eise stel, geëet
toe daar geen vrugteboord was nie? Wat het die Boskrappers gesoek om te eet,
toe hulle tussen die blare op die grond in die woude geskrop het? Wat het die
Muisvoëls
geëet
toe hulle gedurende ‘n lang tydperk oor die lengte en die breedte van die land
beweeg het, toe daar nog geen vrugteboorde was nie? Wat het die Torre geëet
voordat daar vrugteboorde was?
Kom ons kyk eers na
die Boskrappers. Hulle was gewoond daaraan om te leef in gebiede met volop water en bosse. Voedsel het
hulle tussen die blare gekry en drink- en badwater was volop. Waarom het
sommige van hulle verskuif na ‘n gebied met min natuurlike oop waterbronne? En
dan was daar ook nie woude met blaarbedekking op die grond nie! Indien hulle
hul woongebied wou vergroot kon hulle dit slegs langs bestaande spruite en
riviere doen, want daar was nie verder water nie! Ag en die voedsel was maar
skaars! Hoe het dit gebeur dat hulle op dié paradys afgekom het? Wat ‘n geluk!
Hulle moes wel aanpas wat hulle eetgewoontes betref, maar selfs dit wat hulle
nou as voedsel het, is spanne beter as dit waaraan hulle gewoond was! Water
word vir hulle in gerieflike dammetjies voorsien deur die gehate Tuinier!
Wanneer die Tuinier nie in die tuin is nie, geniet hulle die volop voedsel
voorraad en hulle weet dat water weer beskikbaar sal wees. As die Tuinier nie
sorg vir dit nie, sal hulle so ‘n lawaai opskop totdat hy weer water sal
voorsien!
Die Tuinier besef dat
die toekoms duister is, maar daar is tog nog ‘n klein gedeelte van sy tuin wat
nognie deur die Boskrappers vernietig is nie. Dit is die paar kweperbome wat
later eers ryp vrugte sal dra en omdat kwepers sy geliefkoosde vrugte is,
besluit hy om die bome te beskerm deur dit met skadunet te bedek.
Aangesien die Tuinier
afhanklik is van die opbrengs van sy vrugteboord en daar is as gevolg van die
vernielsug van die Boskrappers byna niks meer oor nie, besluit hy om tog maar
die kweperbome te versorg en daarvan te leef; al sou dit ‘n armoedige bestaan
beteken! Hy laat vaar die versorging van die res van die vrugteboord. Die leier
van die Boskrappers vertel vir die res van die swerm dat hulle niks te vrese
het nie, maar toe baie van hulle reeds van honger en dors gevrek het, gaan soek
hulle na ‘n ander vrugteboord, maar kon dit nie vind nie, want Europa was te ver
om te bereik!
Die Boer was ‘n onafhanklike Tuinier, maar het ‘n Slaaf geword wat
geweet het dat hy in die toekoms weer ‘n pragtige tuin sal bewoon!
No comments:
Post a Comment