Plasma die
Denkbeeldige.
Voordat ek verder
skryf, wil ek ‘n uittreksel aanhaal uit ‘n boek wat op internet verskyn het: “The greatest
obstacle to discovery is not ignorance but the illusion of knowledge. Too often
the things we think we know obstruct the things we need to learn”. Die reël
geld vir byna elke mens op aarde; natuurlik ook vir my, maar wanneer geleerde kosmoloë
onsinnige teorieë as die waarheid voorstel en vir studente leer, moet dit
bevraagteken word!
Die ‘Big Bang’ teorie
is vir dekades as waarheid aanvaar en bewaar die persoon wat enige kritiek
daarteen opper! Die drastiese optrede teen elkeen wat dit sou bevraagteken,
laat ‘n mens wonder wie en wat daaragter skuil! Sommige lektore is ontslaan en
navorsers by planetariums is toegang geweier. Kom ons kyk kortliks wat die
aanhangers van die teorie glo. Die ondersteuners glo dat die BB die begin van ‘alles’
was. Wanneer ‘n gelowige in die Godheid sê dat God alles geskep het, sal
die teenargument maklik wees: “Nou wie het dan vir God gemaak?” Dan weer ‘n
teenvraag: “O, jy beweer in die begin was daar niks – wat het dan ontplof?”
Hierdie kosmoloë sal vol beterweterigheid volhou dat alles na die
ontploffing begin gebeur het, maar wanneer hulle in ‘n hoek gedryf word, verwys
hulle na Swart Gate, [wat relatief kort gelede eers ontdek is] en donker
materie [wat seker hulle verskoning is, wanneer hulle swart gate vol
gekompakteerde materie geword het!] Graag sou ek wou weet wat hulle met ‘donker’
materie bedoel! Sou dit onsigbaar beteken? Dit is tog ondenkbaar dat alle
saamgestelde materie ‘onsigbaar’ kan wees, met al hulle gevorderde toerusting
in ag genome! Later kan Swart Gate en werklik onsigbare Energie behandel word.
Met talle nuwe
ontdekkings word die BB teorie meer belaglik. Dit wil voorkom asof hulle nog
nooit agtergekom het hoedat toeval plaasvind nie! Blykbaar glo hulle nadat die
gewaande oerknal plaasgevind het, daar biljoene toevallighede plaasgevind het,
wat uiteindelik sou lei tot die vorming van die heelal soos ons dit ken, of
beter soos ons dink ons ken dit. Toevallige beweging is in enige rigting. Dis
onwaarskynlik dat dit twee keer in dieselfde rigting sal beweeg en totaal
onmoontlik dat dit tien keer in dieselfde rigting sal beweeg! Wanneer dit sou
gebeur, is dit rigting gedrewe en toeval is nie meer van toepassing nie.
Indien iets in ‘n rigting gedrewe is, is daar ‘n mag wat dit dryf.
Toeval is werklik net ‘n woord wat enkelvoudig bestaansreg het.
Vir BB aanhangers is
swaartekrag van kardinale belang om hulle teorie te ‘bewys’, want volgens hulle word die balans van die
heelal deur swaartekrag bepaal, maar waarom sal die swakste krag nou juis die
heelal in balans hou? Hulle beweer dat die heelal voortdurend vergroot, maar was
die invloed van swaartekrag nie instaat om die sterrestelsels in plek te hou
nie; of was die invloed van die groot ontploffing so groot dat dit na 13
miljoen jaar steeds die aantrekking van swaartekrag oorheers? Die bewyse wat
die kosmoloë
aanvoer ter stawing van die uitwaartse beweging van die sterrestelsels, is so
aanvegbaar dat selfs van hulle kolegas dit in twyfel trek. Daar is van hulle
wat beweer dat niks wat ooit ontdek is, die BB bevestig nie. Daardie sogenaamde
‘bewyse’ het maar min om die lyf, en lyk nie baie sinvol nie. Wat baie duidelik
is, is dat die BB aanhangers nie die bestaan van ‘n Skepper aanvaar nie. Vermoedelik het die spiraal vorm van die
sterrestelsels tot die gedagte van uitbreiding aanleiding gegee. [Lig, soos
deur die sonne uitgestraal word, het wel ‘n uitdyende neiging. Tot by die ‘dik
gemaakte’ omhulsel van die heelal? Sal later duidelik word onder die hoof
Hersirkulering].
Laat ons nou na die
argumente van twee van die teenstanders van die BB teorie kyk, naamlik Wallace
Thornhill en David Talbott. Hulle is uiters bekwame en geleerde kosmoloë,
terwyl ek weinig kennis van die hemelruim het. Ek hoop hulle sal my my onkunde
oor hulle vakgebied verskoon en as ek sekere foutiewe afleidings maak, dit tog
in gedagte hou dat ek die skepping uit ‘n ander oogpunt benader. Tot ‘n groot
mate stem ek saam met hulle argumente teen die Big Bang teorie, maar daar is
tog enkele verklarings wat ek nie kan ondersteun nie.
(1) Black holes is ‘n
voldonge feit wat nie slegs deur die BB aanhangers gebruik word om hulle teorie
te bewys nie, maar ook deur die wat hulle teorie bevraagteken.
(2) ‘Dark energy’ is
‘n werklikheid wat nie gesien kan word nie en gladnie deur kosmoloë
verstaan word nie. Onthou ons praat nie van sg. ‘dark matter’ nie, want daar is
nie so iets nie!
(3) Oor plasma het ek
sekere voorbehoude. Dit is duidelik dat niemand werklik ‘n beskrywing van
plasma as sulks in die kosmos kan gee nie en dit moet aanvaar word dat die vloei
van materie, [wat waarneembaar is] gelei het tot die teorie dat dit in ‘iets’
moet vloei, wat hulle toe gerieflikshalwe plasma genoem het.
(4) Volgens die
teenstanders van BB teorie, is alle materie saamgestel uit geëlektrifiseerde
deeltjies; dit kan wees, maar die oorsprong is geskep uit Primêre
Energie!
(5) “And who could deny that Newtonian science
enjoyed impressive success when compared to …. religious dogma it replaced”.
Nee, maar later meer daaroor.
Die skrywer van die
boek, waaruit ons reeds aangehaal het, gaan voort: “But our universe appears to have a very significant amount of energy
tied up in existing matter. Where did that energy come from? Is there more?
We simply do not know where the energy in matter derives from, and we do not
know whether and under what circumstances it can be captured or released. Until
we do know, we cannot set ‘scientific’ limits to the energy available in the
cosmos. Energy cannot be created or destroyed, it only be captured and
released. There is no limit to the number of times a given amount of energy can
be recycled within a system, and therefore no limit to the energy flow that can
be generated”.
‘n Geruime tyd gelede
was die geheimsinnige ‘plasma’ se bestaan reeds aanvaar. Ek haal aan: “The resulting exceedingly thin medium,
containing positive ‘ions’ and negative electrons, is plasma, sometimes called
the ‘fundamental state of matter’ since it constitutes more than 99% of the
visible universe. The electromagnetic behavior of plasma clearly distinguishes
it from solids, liquids, and gases”. As die ruimte gevul was met plasma,
sou die sonlig nie ver kon vorder nie, want sonlig word geblokkeer deur die
materie wat die plasma sigbaar maak.
Daar moet nou melding
gemaak word van die feit dat die skrywer van die boek, soos die meeste
wetenskaplikes, slegs die materie aanvaar. Van die geestelike weet hulle niks, omdat
hulle nie die bestaan van ‘n Skepper wil erken nie. Hulle gespook met
elektrisiteit in die kosmos kan onmiddelik oorbodig word, indien hulle die
bestaan van ‘n Skepper erken!
Die energie in die
heelal is so eenvoudig wanneer ‘n mens die twee vorme van energie verstaan! Die
Energie wat eerste gemeld word is Primêre Energie, wat van ewigheid
tot ewigheid is, want al sou die materie van die heelal vergaan, sal die Primêre
Energie steeds bestaan sonder enige verlies! Die heelal bestaan huidig uit 4%
materie en 96% Energie, maar die 4% materie is ook energie, net in ‘n ander
vorm. Dit is ingeperk met tyd en afstand [ruimte]. Nou is dit sigbaar en
sintuiglik waarneembaar en onderhewig aan swaartekrag. In die toestand is
elektrisiteit opwekbaar, maar daardie elektrisiteit is ook materie, soos alles wat
ons o.a. kan sien en ons noem dit sekondêre energie. Die kenmerk van
materie is dat dit vibreer, dus is alles wat vibreer materie! ‘n Ander
belangrike eienskap is dat dit beperk is tot die snelheid van lig.
Wanneer ons praat van
‘religieuse dogma’, kan dit tientalle begrippe beteken! Wat in Gen. 1 beskryf
word, is ‘n beknopte voorstelling van die skepping, maar dit maak nie alles vir
my sin nie, daarom gaan ek verder in die Apokriewe boeke van die Woord
navorsing doen, om meer detail te bekom, soos uit die woorde van JaHWeH self
aangaande energie. Die Openbaring van Henog 11:1-3 “…..En JaHWeH het aan my gesê:
Henog, alles wat is en alles wat beweeg, is alles deur My geskape en Ek sal
alles aan jou openbaar van voordat alles was sedert die begin, alles wat Ek
voortgebring het uit nie-materie om
te wees en uit wat onsigbaar is, dit wat gesien kan word. Selfs nie
eens aan My Boodskappers het Ek My geheim openbaar nie, en Ek het nie aan hulle
vertel hoe hulle self gevorm is nie”. Wat kan ons hieruit aflei? (1) JaHWeH
het nie-materie gebruik om materie te skep. (2) Hy het uit die onsigbare die
sigbare geskep. Dit wat Hy gebruik het om mee te skep, is in die eerste plek
nie materie nie, maar die feit dat Hy dit genoem het, bewys dat dit ‘n
geestelike entiteit is! Dit kon ook in die geestelike gebruik word om die Engele
te vorm. Met ander woorde, daardie nie-materie kon in die geestelike omvorm
word tot die hoogs bruikbare Boodskappers, ook kon Hy die nie-materie omskep
in materie. Ons leer ook dat die nie-materie onsigbaar is. [Onwaarneembaar met
menslike sintuie]. Die woord omvorm word gebruik omdat die Boodskappers in die
geestelike bly, terwyl omskep gebruik word waar die geestelike in die materie
eindig. Geleerde kosmoloë moet asseblief in gedagte hou dat hierdie woorde gespreek
is byna 6000 jaar voordat hulle gebore is! Die sogenaamde anti-materie is hier
gladnie van toepassing nie.
Openb. van Henog 11:5
“Want voordat dit wat sigbaar is, gemaak
is, het Lig verskyn; [let op dat Lig met ‘n hoofletter geskryf is, dus Primêre Energie] maar Ek, al was Ek met Lig
omgewe, was soos een van die Onsigbares, en Ek het gereis ‘oor dit wat woes en
leeg was’”. [Leeg van Dit wat Hy wou
gebruik om die skepping te voltooi?]. Ons het tevore die stelling gemaak dat
die heelal bestaan uit 4% materie en 96% energie, maar die vraag is; wat was
die verhouding voor die skepping van materie? Slegs 100% energie? Dus ‘ooral
vol’, maar verskil dit enigsins van ruimte waar energie oombliklik beskikbaar
is, waar dit ookal benodig word? Dit is die antwoord op die ‘woes en leeg’
waaroor JaHWeH gereis het, want op daardie tydstip het Sy materie skepping
nognie bestaan nie. Let op die volgende gedeelte!
Openb. van Henog
11:7-10 “En omdat dit My doel was om ‘n
fondament daar te plaas en om ‘n sigbare skepping te vorm, het Ek aan die
dieptes bevel gegee dat een van die onsigbares moet uitkom en sigbaar word. En Adoïl het uitgekom, geweldig in grootte,
en Ek het hom aanskou en kyk! Hy het die Groot Eon [‘n onmeetlike tydruimte] in
sy buik gehad, en Ek het aan hom gesê:
Maak jouself oop, Adoïl,
en laat dit wat IS sigbaar
uit jou gebore word. En hy het homself oopgemaak en die Groot Eon [Primêre Energie] het uit hom gekom; en
so is die Lig uit hom gebore wat die hele skepping dra wat Ek ten doel
gestel het om te skep – en Ek was in die middel van die groot Lig en omdat
lig uit Lig gebore word, het daar ‘n groot tydperk verskyn, en dit het die
hele skepping vertoon wat Ek beplan het om te skep”. Die lig uit die Lig is
die sekondêre
energie, wat lig is soos wat die son uitstraal! Kom ons kyk eers wat die ‘dieptes’
is. In die middel van die heelal is die sentrale son. Die bron van alle energie
wat bestaan. Dit is ook die bron waaruit voortdurend energie gevoer word na die
heelal om te kan funksioneer; bv. alle sonne, wat die sterre insluit, se
energie kom van die sentrale son. Die sentrale son sorg ook dat die balans van
die hemelligame in stand gehou word. Wat sou ‘Adoïl’ eintlik beteken? Is dit nie
bedoel om ‘‘n groot hoeveelheid’ te beteken nie? “…..het daar ‘n groot tydperk verskyn, en dit het die hele skepping
vertoon wat Ek beplan het om te skep”. Die skepping is dus nie in ‘n
oomblik voltooi nie, maar dit het ‘n groot eon geduur om in die materie te
voltooi en sigbaar te word, na die skepping van die sonne waar lig uit Lig
geskep word.
Openb. van Henog 11:13,16,17.
“Want bokant die Lig is daar niks nie. ….
En onder die duisternis was daar niks nie. Ek het die eter met lig omring en Ek
het dit dik gemaak en uitgesprei oor die Duisternis”. Hierdie materie
skepping van Elohim is nie deur Hom onbeskerm in die ruimte gelaat nie, maar Hy
het dit omring met Lig wat Hy ‘dik gemaak’ het. Dit is die ‘muur’ waardeur
niks, selfs lig nie kan ontsnap nie! Het die muur die eienskap om sekondêre
energie in Primêre Energie om te skakel, wat dan oombliklik terugkeer na
die Oerbron vir hersirkulasie?
Openb. van Henog
11:26. “Vir al die hemelse Skeppingsleërmagte het Ek die son uit die groot
Lig gevorm en Ek het hom in die Hemele geplaas sodat hy op die aarde sal skyn”.
Ons son is net soos al die ander sonne [sterre] uit die energie van die middel
van die heelal gevorm en word
voortdurend met energie vanaf daardie Bron in stand gehou!
Openb. van Henog
11:51. “Ek het die Hemele vir hom
oopgemaak, sodat hy die Boodskappers kon sien sing van oorwinning en die
skadulose Lig kon sien”. Die skadulose Lig is Primêre
Energie, nie waarneembaar met menslike sintuie nie, want Dit is Gees. Dit
beweeg teen oombliklike snelheid tot by enige punt in die heelal. Dit word
skaduloos genoem omdat die Lig deur alle materie dring asof die materie nie
bestaan nie. In vergelyking met sekondêre lig [sonlig, elektriese beligting,
selfs kerslig] is daar ‘n enorme verskil, want lig in die materie kan nie deur
die oorgrote meerderheid vaste stowwe dring nie en daardie stowwe laat altyd ‘n
skaduwee. Jy mag miskien dink dat as jy die Lig nie kan sien nie, is dit
vanselfsprekend dat jy ook nie ‘n skaduwee sal sien nie! Dit werk in elk geval
nie so nie, want vir Adam is die Hemele oopgemaak en hy kon die skadulose Lig
sien. Hierdie Lig is die Energie wat die heelal vul en is nie onderhewig aan
die geringste vibrasie nie.
Waarom verskil ek met
die gemelde twee skrywers? Hoofsaaklik omdat elektrisiteit nie vinniger as die
snelheid van lig kan beweeg nie!
Plasma word waargeneem
deur die teenwoordigheid van elektries gelaaide deeltjies, en die vrylik
bewegende elektrone [materie] in die plasma. Die materie is nie ‘n integrale
deel van die plasma nie; die plasma is eerder ‘n ‘geut’ of ‘n ‘pyp’ waarin die
materie deeltjies beweeg. Dit word beskou as die geleiers van elektrisiteit.
Die skrywers beweer dat elektrisiteit die sleutel tot begrip van die oneindige
verrassings in die ruimte eeu is. Hulle vestig die leser se aandag daarop dat
regoor die wêreld
elektrisiteit oor lang afstande gelei word om te gebruik vir vervoer, beligting
en verhitting. Hulle beweer dat dieselfde mos in die kosmos kan gebeur. Daar is
egter een baie groot verskil en dit is afstand! Al beweeg ‘n elektriese
stroom teen die snelheid van ‘n weerligstraal, is dit pateties stadig in die
kosmos! Al die eksperimente wat gedoen is met geleiding, is gedoen met elektrisiteit,
wat sekondêre
energie is. Dit is materie en kan nie die snelheid van lig oorskry nie. Wanneer
daar gepraat word van kontak tussen sonnestelsels wat duisend ligjare uit
mekaar is, kan selfs net die gedagte aan elektrisiteit as oorbruggingskontak,
met sotheid vergelyk word! ‘n Redelike groot getal van die huidige kosmoloë
reken dat die ruimte tussen die hemelligame gevul is met plasma en dat tussen
die sterrestelsels netwerke van die geheimsinnige plasma is. Dit kom voor soos
‘n klomp bog, maar al sou dit wel bestaan het, sou die werklike materie
geleiers presies net soveel ligjare nodig gehad het om kontak te maak as wat
dit lig neem om die afstand af te lê!
Dat daar geweldig
baie elektrisiteit in die materie-heelal teenwoordig is, is ‘n voldonge feit.
Ons sien dit om ons in die natuur en sterrekundiges sien en bemerk dit in die
ruimte, veral op die son waar magnetiese storms plaasvind. Magnetisme en
elektrisiteit is baie naby verwant, maar dit bly materie en is onderhewig aan
die wette van die natuur; dit is die wette van die ingeperkte energie!
Plasma, is dit
werklikheid of ‘n hersenskim? ‘n Vroeëre
gedagterigting was dat plasma duidelik te onderskei is van vaste stof,
vloeistof en gas. Nou wat is dit dan? Sal dit ‘n raaisel bly? ‘n Wilde
raaiskoot: Sal plasma ‘n magneetveld kan onderbreek? Maar hoe sal dit
vervaardig kan word as niemand eers weet wat dit is nie?
Daar is
nog gedeeltes wat ingeplaas moet word. Lees wat geprint is.
No comments:
Post a Comment