Die doel agter die
skepping van materie
Wat was die doel van die skepping van materie? Is dit nie die weg van die gevallenes, terug
na ons Skepper nie? Was dit nie bedoel
dat die terugtog, gedurende die aardse bestaan, volledige rypheid vir die siel
moontlik sou maak nie? Is die
liefdevolle Godsplan verydel deur die eerste sondeval? Moet die rypwording van die siele nou in die
geestelike voortgesit word as gevolg van die verskriklike daad? Indien daar nie ‘n alternatief gewees het
nie, sou die skepping van al die materie van die heelal nodeloos gewees
het! Die rypwording van die siel word
nou voortgesit na die aflegging van die materiële liggaam. En die mense met die
gene van Lucifer?
Wanneer na die
doel agter die skepping van materie gesoek word, vind ons ‘n volledige
verduideliking soos deur Elohim gedikteer aan Bertha Dudde [Lewenswaarhede 8020
en 8025]
“Kennis van die aardse lewensdoel en die oorsaak daarvan.
8020 16
Oktober 1951 “Julle moet veral weet
dat julle bestaan as mens op aarde ‘n oorsaak en ‘n doel het. Julle is nie
toevallig deur die Skepper in die wêreld geplaas nie, maar geestelike
gebeurtenisse is die oorsaak van julle bestaan.
Dit was voorvalle, wat homself afgespeel het in die geesteryk, ‘n geweldige
lang tyd gelede. ‘n Verandering het homself
voltrek in die ryk by die wesens wat deur My liefdeswil uit My voortgebring
was. Die wetlike orde, waarin alles
homself moes beweeg wat volmaak was, was omvergewerp en toe verander die
volmaak voortgebringde wesens in die teendeel.
Hulle het deur hulle vrye wil uit die wetlike orde getree en het
onvolmaak geword.
Die wil van hierdie wesens
het in verset gekom teen die bestaande orde en in opstand teen die bestaande
orde en in opstand teen Myself, hulle God en Skepper, wat hulle wel erken het,
omdat hulle in die lig van insig gestaan het.
En hierdie voorval in die geesteryk is die oorsaak van julle bestaan as
mens op hierdie aarde, want julle is een van hierdie geeste wat julle in julle
vrye wil en van My afgewend het. Julle
is hierdie wesens wat eens in hoogste volmaaktheid deur My voortgebring is en
julleself uit vrye wil tot die teendeel gekeer het. Julle is hierdie gevalle geeste. Maar tussen julle verval van My en julle
bestaan as mens, lê ewighede, eindelose lang tye waarin die gevalle wese ‘n
veranderingsproses moes deurmaak en waarin hy ook onbeskryflike lyding en
kwellinge moes deurmaak, waartydens hy homself langsaam uit die diepte omhoog
moes ontwikkel, steeds onder My leiding want niks bly vir ewig van My geskei,
wat uit My voortgekom het nie. En so het
julle eenmaal die fase van ontwikkeling bereik waarin julle as mens oor die
aarde gaan, om die laaste kort weg terug af te lê vanwaar julle uitgegaan het,
om in vrye wil die terugkeer te bewerkstellig tot julle God en Vader, van wie
julle, julleself eens verwyder het deur ‘n verkeerde gerigte wil.
En wanneer julle, julle
menswees beskou, sal julle leer begryp hoe belangrik dit vir julle is, julle
sal dan die aardse bestaan nie as die doel self nie, maar as ‘n middel tot die
doel insien en julle sal dan ook meer bewustelik lewe. Maar dit is moeilik om julle te beweeg om te
glo dat julle geen ‘gril’ is van julle God en Skepper nie, want daar is geen
bewys vir die wat Ek julle verkondig nie.
Julle moet hier ernstig daaroor nadink dat julleself en alles wat julle
omgewe ‘wonderwerke’ is, wat nie maar willekeurig kon ontstaan het nie. En dan sal julle deur ernstige nadenke ook ‘n
God en Skepper kan erken en daarvan oortuig wees dat niks doelloos is nie en
dat julle aardse bestaan ook ‘n doel het.
En julle moet julleself nou probeer verbind met hierdie Skeppingsmag,
wat deur julle erken word, wat altyd moontlik is deur goeie gedagtes, gebede
uit die hart en dade van liefde. En in verbindig
met My sal daar spoedig ‘n lig in julle straal en dit sal julle spoedig ‘n
glans van insig gee en verlig dat julle dit eendag in volle mate sal besit.
En die lig in julle sal
steeds helderder straal hoe inniger julle die verbinding soek met My en julle
sal dan ook julle aardse lewensdoel vervul. Julle sal dan die verandering
voltooi in vrye wil, die hervorming van julle wese tot die volmaaktheid wat
julle toestand was in die begin. Julle sal die ‘liefdesvonkie in julleself’
ontsteek en tot ‘n vurige vlam laat ontbrand, wat beteken om weer in die wetlike
orde te wees waarin die volmaakte homself moet beweeg.
En julle sal ‘n
ontwikkelingsproses kan
afsluit wat ewighede geduur het. Met die
gevolg, om weer My oerwese aangeneem te hê en julleself weer tot liefde gevorm
te hê, dit wil sê, weer die Goddelike volmaakte wese te wees wat julle in die
begin was.
Want dit is die doel van
julle aardse bestaan, wat julle tot ‘n bewustelike lewe moet aanspoor, sodat
die laaste stadium van ‘n eindelose lang weg van ontwikkeling vir julle wese
suksesvol is en dit, heeltemal vergeestelik, in alle volmaaktheid van hierdie aarde
kan skei om te kan ingaan in die Ryk van lig en saligheid, waarvan julle eens
uitgegaan het. Amen.”
“Die verskil tussen kennis
en insig”.
8025 24
Oktober 1961 “Die graad van insig stem ooreen met die graad van julle sielsvolwassenheid. Julle mag insig nie met loutere wêreldse
kennis verwar nie, want die laaste kan
julle, julleself eie maak deur julle verstand.
Hierdie kennis kan
dan ook met die waarheid ooreenstem as julle dit van hulle oorneem wat al tot
insig gekom het, dit beteken nie noodwendig insig vir julle nie.
Eers as julleself julle
liefde op ‘n bepaalde vlak gebring het, sal julle kan binnedring in die ‘kennis’ en dit sal
vir julle dan lewende word en sal julle nou ook innerlike lig verskaf. Julle verkry bowendien die staat terug wat
julle eens vrywillig opgegee het, deurdat julle die lig verwissel het vir
duisternis en daardeur alle insig verloor het.”
[Adam en Eva moes eers geëet het van die boom van die Lewe, want
dit was die boom van Wysheid en dan sou hulle die boom van Kennis kon
hanteer. Eers dan sou hulle die verskil
tussen goed en kwaad ken].
“‘n Aangeleerde skoolse
kennis oor My en My wese, oor die bedoeling van julle aardse bestaan as mens en
oor My heilsplan van die terugvoer van die gevalle geestelike is nie voldoende
nie. Want julle begryp dit alles nie
solank julle nog nie op die graad van liefde is waar die innerlike lig, die
werksaamheid van My gees in julle waarborg nie.
Dog insig is die teken dat die Goddelike eienskappe in julle weer te
voorskyn kom, wat verborge lê solank julle sonder liefde is. Insig is lig, wat julle weer moet terug gee om
salig te wees, aangeneem dat julleself na lig verlang gedurende julle aardse
lewe. Want julle kan ook ‘n lewenswandel voer in die liefde,
sonder om verlange na kennis in julle te bespeur. Dan sal egter plotseling die lig van insig
julle deurstroom as julle die aardse liggaam aflê en ingaan in die ryk hierna.
‘n Geestelik ontwaakte
mens moet onderskeid kan
maak tussen kennis en insig hy moet verstandelike kennis nie gelykstel met
insig nie en hy moet ook weet dat ware insig ‘n hoë graad van liefde
vereis. Dit alles bewys dat julle, julle
gelukkig kan
noem as julle deur die liefde binnegelei word in ‘n diep ‘kennis’ en daardeur
tot insig kom. Want dit beteken die
binnegaan in julle oertoestand waarin julle met lig en liefde deurstraal was,
voordat julle nog ten prooi geval het aan die duisternis, waarin julle,
julleself egter as mens nog bevind solank julle nog nie volwasse geword het
nie, d.w.s. ‘n nie ontwaakte gees het.
Nooit egter kan Ek ‘n mens met die
van insig verbly, wat self nog nie aan die voorwaarde voldoen wat die werk van
My gees toelaat nie. Want dit is My gees
‘n deel van Myself, wat julle die insig gee, wat julle gelukkig maak, wat julle
geestestoestand verlig, wat julle alle samehang duidelik laat insien en dus ‘n
bewys van die gevraagde sielsvolwassenheid genome kan word.
Die ware insig maak steeds
gelukkig en mag nooit verwar word met opgeblase kennis wat nie begryp word nie,
omdat My gees nog nie werksaam kan
wees nie, ofskoon die verstand die kennis opgeneem het. Dan bly dit ‘n dooie kennis, sonder waarde
vir die ontwikkeling van die siel. Ja,
dan kan daar
alleen teen gewaarsku word om so ‘n kennis julle eie te maak, want eers is daar
‘n lewe in liefde nodig om hierdie kennis lewende te laat word.
Die liefde is nodig, want
dit wek die gees in die mens op tot lewe en hierdie sal dan eers ‘n waar lig
ontsteek en eers dan word die kennis tot insig.
Dan eers het die siel die graad van volwassenheid bereik wat die
geestelike duisternis ophef. Dan kan
daar eers van ‘n lig gepraat word wat die mens van binne verlig en hom
duidelike insig gee oor al die geestelike voorvalle, oor die oerbegin en die
einddoel van alles wat bestaan en oor die sin en die doel van die menswees op
aarde.”
[Hulle moes nie eerste van die boom van kennis geëet het nie!]
“Sodra die mens die insig besit, sodra alles vir hom duidelik is, sal
hy ook My Wese begryp en die volste begrip hê vir My heilsplan van
ewigheid. Want nou deursien hy die
samehang, hy sien dan alles helder en duidelik en daar is vir hom nou ook geen
ander doel meer as om weer sy oertoestand te bereik nie, waarin hy salig was. En hy streef dan met al sy sinne weer na
vereniging met My, vanwaar hy eens uitgegaan het. Amen.”
Die terugkerende karakter van die Oersubstansie word mooi
verduidelik. Die siel word vergesel van
die Gees van Elohim op die hele weg, hoewel baie siele nie daarvan bewus is, of
bewus wil wees nie.
Alles wat bestaan is uit Primêre Energie, hetsy vry of ingeperk
deur tyd en afstand, wat die stolling tot materie tot gevolg het. Wanneer materie opgelos word, keer die suiwer
Primêre Energie terug na die Oorsprong.
Sekondêre energie is in sy wese as materie nie suiwer nie, kan dus onmoontlik die
gebied van Primêre Energie betree. Dit
straal uit, gewoonlik in alle rigitings, vanaf sy oorsprong en die wat in die
gebied van die Primêre kom, word onmiddelik verlos van sy inperking en betree die
oorsprong as volmaak suiwer Primêre Energie.
Jy as siel met ‘n vrye wil, kry die geleentheid tot
terugkeer. Dit is ‘n wonder barmhartige
geleentheid, maar geen bed van rose nie.
Die materie waarin jy jou bevind is die besoedelde en indien jy die
toets wil slaag sal dit inspanning van jou kant verg.
Jy as mens is drieledig.
Die sintuiglike waarneembare is die liggaam. Die brein is deel van die liggaam en dus ook
materie. Die brein is die beginpunt van
alle aksie, die gedagte, wat kan lei na die volgende aksie, die woord, wat kan
lei na die volgende aksie, die daad. Die
siel het die mag om op enige stadium die aksie te stop of aan te moedig, want
die siel het ‘n vrye wil.
Die siel bepaal of sy roete deur die materie suksesvol sal wees
of nie. Konsentreer die siel slegs op
die liggaam, sal dit so vasgeheg wees aan die materie, dat dit saam met die
materie weer gekluister word. Die Gees
sal nie meer met die dan bestaande tweemanskap wees nie.
Hoe nader die siel aan die Gees leef gedurende die aardse
bestaan, hoe makliker sal die skeiding met die liggaam wees, maar tog sal nog
heelwat sielsrypheid nodig wees voordat volledige vereniging met die Skepper kan plaasvind.
Materie kan
bestaan uit materie en gees soos ook in die mens. Die heelal bestaan uit materie en Gees, en is
‘n lewende organisme, waar die vyfde sentrale son. Die Bron van Liefde, Lig en
Lewe vergelyk kan
word met die hart van ‘n mens, wat lewegewende bloed liefdevol deur die
menslike liggaam laat vloei. ‘Volgens
die beeld van God’ is baie nader as wat vermoed word.
Wanneer die
menslike liggaam, dus die materie, opgelos word deur die bevryding van die
inperking, raak dit nie die siel nie, want dit is gees.
No comments:
Post a Comment