Voorwoord

Voorwoord (Lees asb eers, indien dit u eerste keer by hierdie blog is, anders kan u gerus met die blad afrol ondertoe om by die blog uit te kom)

Daar het ‘n gedagte in my opgekom toe ek nog redelik jonk was, dat alles wat geskryf of gedruk is nie die volle waarheid is nie. Later het ek besef dat alles wat gelees kan word, bestaan uit kaf en korrels. Nog later het ek besef dat niks in die materie volmaak is nie, daarom kan geen geskrif net uit korrels bestaan nie. Die geskrifte wat jy voor jou het, liewe leser, moet asseblief op dieselfde grondslag beoordeel word. Ek vra jou nie om alles wat jy lees te aanvaar nie, maar soek die korrels volgens jou begrip en gewete uit.
Ongeveer halfpad deur my lewe het ‘n argument, in ‘n baie goeie gees met ‘n goeie vriend van my plaasgevind. Die vriend is ‘n seviele ingenieur en ons het gepraat oor ‘n ontwerp van ‘n staalbalk wat verkry kan word deur ‘n bestaande I balk tandvormig te sny en dan die “tande” op mekaar vas te sweis om ‘n groter balkdiepte en dus ‘n groter dravermoë te verkry.

Fig. 1
‘n Solide I balk word tandgewys gesny en dan word die twee helftes teenoor mekaar geskuif en weer aan mekaar gesweis om weer ‘n dieper I balk te vorm.
Fig. 2
Die vergrote I balk wat meer as 3 keer die dravermoë van die oorspronklike balk sal hê, sonder dat die gewig vermeerder.

Hierdie mag vir die leek ‘n bietjie te tegnies wees, maar wees egter geduldig, ek probeer die verskil in siening verduidelik.
My argument was dat sweislas S nie te kort mag wees nie, want dit sal tot gevolg hê dat die las gaan skuifskeur (shear). Hy het gesê daar is nie daardie soort spanning in die middel van ‘n balk nie. Eintlik was ek met my matriek ‘n bietjie vermetel om met ‘n ingenieur te stry oor iets in sy vakgebied. Ons verskil het gekom omdat ons die voorwerp verskillend gesien het. Hy het Fig. 2 as ‘n eenheid gesien, wat dit werklik was! Daarteenoor het ek dit as twee aparte balke gesien, omdat as sweislas S korter word, beweeg dit nader na 0, wanneer dit werklik twee balke is. Op een of ander lengte van die sweislas sou dit skuifskeur. Die ingenieur het later toegegee dat ek reg was, maar dit is nie van belang nie. Wat ek probeer tuisbring is dat verskillende mense op verskillende maniere na ‘n geskrewe stuk kyk en ek gaan geensins ‘n leser kwalik neem indien hy of sy van my verskil nie.
Dat ek met die geskrifte op mense se tone gaan trap is onvermydelik, maar as dit nie die geval was nie; waarom skryf ek dan? Indien die leser net ‘n paar “korrels” ontdek, is ek verheug en weet ek dat dit die moeite werd was. Sien tog maar die teenstrydighede oor, soos wanneer ek bv. snedigheid veroordeel terwyl ek self dikwels snedige dinge skryf. Ek self is baie ver van volmaak af, sien tog maar die foute oor.
Ook is ek nie ‘n taalkundige nie en daar is beslis baie ruimte vir verbetering, om vloeiende leesgemak te verseker, maar ek vra tog dat verandering versigtig gedoen moet word, aangesien ‘n woord verandering ‘n bedoelde begrip verlore kan laat raak.

Thursday, February 11, 2016

Die Twee Eilande



Die Twee Eilande

            In ‘n uitgestrekte oseaan was daar twee eilande, wat deur konyne bewoon was. Dit gebeur toe dat op die een eiland ‘n groep mense beland en op die ander eiland ‘n trop honde. Aangesien die konyne die enigste voedsel was, het die mense hulle geslag en geëet. Die honde het op hulle eiland ook jag gemaak op die konyne.
            Na verloop van ‘n paar jaar het die eilande soos volg daar uitgesien: Die mense op die een eiland se getal het aangegroei, van die oorspronklike 100 tot 120. Daar was nog oorgenoeg konyne beskikbaar om as voedsel te dien. Die honde op die tweede eiland se getal het aangegroei van die oorspronklike 100 tot 3000. Die konyne is op ‘n paar na almal opgevreet en die honde het van honger mekaar begin verskeur.
            Die mense het van die verskriklike toestand op die ander eiland gehoor en dadelik het, veral die kerkleiers, hulle gemeentelede aangespoor om van hulle konyne na die ander eiland te stuur. Na enorme moeite het hulle toe daarin geslaag om ‘n 1000 konyne op die honde se eiland af te laai. Verslae het hulle aanskou hoe 3000 honde die 1000 konyne verorber. Die probleem is nie opgelos nie! Wat nou gemaak? Een baie slim leier stel voor dat hulle van die veronregte honde na hulle eiland neem, sodat hulle self die oorvloedige konyne kan vang. Hulle laai toe 200 honde in die plek van die 1000 konyne en vaar terug na hulle eiland. Die kerkleiers het hulleself op die skouers geklop toe hulle sien hoe die honger honde die konynvleis geniet.
            ‘n Paar jaar later: Op die honde eiland is daar net ‘n paar verhongerde honde oor, wat die kannibalisme oorleef het. Binnekort sal daar geen lewe meer wees nie.
            Op die mense se eiland is die toestand soos volg: Die mense is nou 150 en hulle leef van die konyne wat deur ‘n sterk heining teen die ingevoerde honde beskerm word. Die 200 honde wat die eiland ingebring is, het nou vermeerder [as gevolg van die goeie versorging van die mense] tot 2000. Op hulle gedeelte van die eiland is nie meer konyne oor nie. Hulle kom in opstand teen die mense wat die heining opgerig het en vervloek die apartheid. Hulle is geleer hulle het regte en eis dat die heining afgebreek word. Vergete is die weldaad wat hulle vir jare aan die lewe gehou het! Hulle het selfs so ver gegaan om die enkele onverskillige mense, wat aan hulle kant van die heining liefdadigheid wou doen, dood te byt en op te vreet!
            Die honde-eiland het nou geen lewe meer oor nie. Wat gaan van die mense word? Indien daar toegegee word aan die eis dat die heining afgebreek word, sal op daardie eiland binnekort ook geen lewe oor wees nie, want wanneer die konyne en mense opgevreet is, sal die honde mekaar opvreet.
            Wie oë het laat hom sien en wie ore het laat hom hoor! Het julle nognie bemerk dat die eilande in die tussentyd gegroei het tot die afmetings van vastelande nie?

No comments:

Post a Comment