Gees en Waarheid
Kortliks, die Gees lei ons na die Waarheid. Dit is die
waarheid, maar eintlik is dit ‘n baie lang pad vir die mens, deur die
struikelblokke van die materie.
In die heelal is daar twee vorme van
bestaan. Naamlik die geestelike en die materie. Van ewigheid af is daar net
Gees, maar later het gees bygekom en dus was daar toe Gees en gees en sal ons
dit die geestelike noem. Wanneer ons soek na Waarheid, moet ons dit soek in die
Gees, want die ander gees is die leuen en wil nie die Waarheid verkondig nie.
Toe die skepping van materie
noodsaaklik geword het, om die terugtog van die gevalle geeste moontlik te
maak, is daar nog twee ordes gestel wat betrekking het op die materie.
Die eerste orde is in die
geestelike, waarvan ons as materie mense weinig weet. Profete het wel vir ons
in sekere opsig die sluier effens gelig, maar as mense is dit ons nie beskore
om te veel te weet nie.
Die tweede orde het betrekking op
die materie. Van die hardste stowwe, deur die planteryk tot die diereryk. Dit
is die ‘jy moet’ orde waar geen wesens met ‘n vrye wil in leef nie. Alles word
beheer deur instink, wat beteken dat alles deur Elohim beheer word.
Die derde orde is geskep vir die
mens, wat van ‘n vrye wil voorsien is; dus volgens die beeld van Elohim geskape
en van Sy Gees voorsien. Dit is die orde van ‘geen dwang’ en dit sou gelyk aan
die tweede orde wees, as daar dwang sou wees. Onthou selfs Lucifer se
volgelinge het ‘n vrye wil.
Maar waar is die Gees van Elohim te
vinde? Indien jy, as materie-mens die Gees iewers in die heelal moes gaan soek,
was dit ‘n onmoontlike taak, daarom het ‘n alwyse Skepper Sy Orde so beplan dat
‘n deeltjie van Sy Gees deur Sy Liefde in jou, as mens met ‘n vrye wil
geplaas is. Dit is Sy beeld waarvolgens jy geskape is, deur Sy oneindige
genade! Dit bevestig jou verwantskap met Hom! Waar gaan jy nou die Gees soek
wat jou na die Waarheid kan lei? In jouself! In “klipgeboue deur mensehande gebou, sal jy Hom nie vind nie”.
Ons verwys nou na die drieledigheid
van die mens, wat bestaan in die derde orde. Dit is die mens wat begunstig is
met ‘n vrye wil. Die mens bestaan uit die sintuiglik waarneembare materie. Dan
die siel in die geestelike, aan wie die besluitreg gedelegeer is en onsterflik
is. Dan die kosbaarste, naamlik die Gees die ewige Liefde Wie sonder dwang
jou siel na die Waarheid kan lei – mits die siel dit wil.
Die lang pad na die waarheid. Die orde is die ‘argiteksplan’,
dus die Wil van Elohim, daarom is dit in die middel van die sewe eienskappe
geplaas. Die vrywillige optrede van die mens se siel begin langs die Orde en
vorder stapsgewys tot die volmaaktheid van al sewe eienskappe.
| Liefde | Wysheid | Wil | Orde |
Erns | Geduld | Barmhartigheid |
Stap een is jou wil om na die
Waarheid te soek. Stap twee is die erns waarmee jy na die Waarheid soek.
Stap drie is die geduld wat jy beoefen om by die Waarheid uit te kom.
Stap vier is die Wysheid waarmee jy beloon word na jou onverpoosde
soektog na die Waarheid. Daardie Wysheid rig jou na die Liefde in Gees
en materie en Barmhartigheid in die materie, met voortsetting in die
gees.
Na hierdie handeling, wat jy as siel
met ‘n vrye wil suksesvol deurloop het, word jy ‘n ‘werktuig’. Sonder ‘n vrye
wil? Is jou vrye wil van jou weggeneem? O nee! Jy het oneindig gewen! Jou siel
het volmaak ryp geword en verenig met die Gees wat jou lewenslank vergesel het.
Jy het deur die verwerfde Wysheid die Waarheid ontdek van Elohim se volmaakte
Orde. Niks kan jou ooit weer skei van die Wil van jou Skepper nie. Sy
Wil is Jou Wil omdat Jy Is wat Jy Was. Terug in die Vaderhuis. Een met Hom,
gereed om nuwe skeppings voort te bring.
18/1/2012
Ontdek in Die Nuwe Openbaring van Johannes Boek 1:109
Jy
is ‘n mens, met ‘n vrye wil, wat ‘n werktuig hanteer [soos jy wil]. Wanneer
word jy ‘n ‘werktuig’, oënskynlik sonder ‘n vrye wil? Wanneer jou siel [jy]
geestelik volmaak ryp is en jou wil Sy Wil is! Wanneer die Wysheid waarvan jy
nou deel is, dit onmoontlik maak om enigiets anders as Sy Wil te wil doen. Jy
het dan jou doel bereik. Eenwording met Elohim. Gedurende die proses van ‘werktuig
word’ is jy nie verlaag nie, want jou vrye wil is nie van jou af weggeneem nie.
Jou wil het net volmaak geword soos die van die Vader! ‘n Eenheid het nie twee
wille nie.
No comments:
Post a Comment