Kennis.
Kennis en geheue, die
twee kan afsonderlik net so min funksioneer as wat een perd ‘n enkeldisselboom
perdekar kan trek.
Waar kom kennis
vandaan? Uit eie ondervinding? Of is die bron van jou kennis dit wat ander
mense uit ondervinding geleer het en aan jou oorgedra het? Een persoon sal die
kennis soos ontvang, onbevraagteken in die geheue bêre, terwyl ‘n ander daaroor sal
nadink en op die kennis voortbou. Vanselfsprekend word kennis stuksgewys aan
iemand oorgedra. Die onvolledige kennis lei gewoonlik tot verkeerde of
onbetroubare begrippe, maar hoe betroubaar is die ‘tweedehandse’ kennis, wat
summier in die geheue gebêre word? Die betroubaarste kennis is die geskiedenis wat
aangeteken was toe dit gebeur het; voordat verlies van geheue die feite kon
verweer. Daardie geskrifte is die fondament waarop ‘n standvastige toekoms gebou
kan word, maar dit moet die oorspronklike wees, want bose mense kan bedrieglike
afskrifte maak.
Indien jy oor goeie
oordeel beskik, is die kennis wat jy uit eie ondervinding opdoen sekerlik die
betroubaarste, maar sal waarskynlik beperk wees. Indien die kennis wat ‘n groep
mense uit ondervinding opdoen, tussen mekaar verdeel word, sal dit die kennis
verbreed, maar moontlik die betroubaarheid benadeel. Nou moet jy begin sif
tussen die ‘korrels en die kaf’, deur dit wat jy van ander hoor, te vergelyk
met dit wat jy self ondervind het. Indien jy geen ondervinding het van ‘n
onderwerp waarvan ‘n ander melding maak; ondersoek die logika van die stelling
so ver dit in jou vermoë is. Kennis en geheue loop hand aan hand; wanneer geheue
verdwyn, verdwyn kennis.
Op 6 jarige ouderdom
gaan jy skooltoe en nou is daar nie meer ‘n probleem oor wie reg en wie verkeerd
is nie, want juffrou weet mos alles! Hoe goed onthou ek ons dogter se woorde:
“My juffrou sê
…..”! In die hoërskool het ons onderwysers gehad wat veronderstel was om
elkeen ‘n spesialis op sy gebied te wees. Die kennis wat daar opgedoen was, was
baie waardevol en tog was daar ‘n krakie so hier en daar, soos bv. toe ons
skei-nat onderwyser gedurende 1947 aan sy leerlinge gesê het dat die atoom die kleinste onverdeelbare
deeltjie van materie is en dit nadat twee kernbomme reeds oor Japan ontplof
het!
Na matriek gaan van
die skoliere vir verdere opleiding universiteit toe. Die klein foutjies op
skool kan nou groot en baie foute word! Om werklik ‘n spesialis in ‘n sekere
rigting te word, moet jy meer en meer van al hoe minder leer. Hoe meer kennis
jy opdoen, hoe minder raak die mense van wie jy kan leer en wanneer hulle
opraak, staan jy alleen met jou navorsing, wat baie tydrowend kan wees, want
daar kan tientalle paaie uitmekaar draai en navorsing is nie goedkoop nie!
Waarom sê ek
die universitêre
leerplanne kan groot en baie foute bevat? Omdat die volmaakte Intelligensie van
die heelal, nie erken en dus nie as Leermeester gebruik word nie! Die Skepper
is die oorsprong van alles wat bestaan en dit sluit kennis in! Om rondom die
oorsprong van kennis te probeer sluip, is nie baie slim nie! Dit openbaar ‘n
gebrek aan wysheid! Daar bestaan geen universiteit op aarde wat wysheid as vak
aanbied nie. Die meeste mense, veral geleerdes, dink wysheid “kom sommer van
self”. Wat ‘n mistasting, want dit toon aan dat hulle nie weet wat die woord
beteken nie en ek vermoed dat dit die rede is, waarom wysheid nie as vak
gedoseer word nie!
Sommige vakke is gegrond
op onbewese teorië, wat as die professore eerlik wil wees, sal hulle erken
dat daar byna voortdurend aanpassings gemaak word, wat self weer berus op
onbewese teorië!
Hierdie teorië
kan vervang word op ‘n ander wyse. Let op dat heelwat Israeliete deur die
konings wat hulle weggevoer het, in hoë poste aangestel was. Daniël
2:48. “Toe het die koning Daniël verhef ….. en hom aangestel as
heerser oor die hele provinsie Babel en as hoofowerste oor al die wyse manne
van Babel”. Dan. 1:19,20. “En die
koning het met hulle gespreek, en onder hulle almal is daar niemand gevind soos
Daniël, Hanánja,
Misael en Asárja nie. So het hulle dan voor
die koning gedien. En in enige saak van wyse insig waarin die koning hulle
ondervra het, het hy bevind dat hulle al die geleerdes …. in sy hele koninkryk
tien maal oortref het”. Waar kom die besondere kennis vandaan? Dan. 2:21. “……HY verleen wysheid aan die wyse manne en
kennis aan die wat insig het”. Kyk mooi na die gedeelte! HY weet presies
wie HY reeds met wysheid geseën
het, dan word daar nóg wysheid bygevoeg. Insig is die gevolg van wysheid, dus
is die kennis aan die wyses gegee! Die heel belangrikste vraag is: Wat is
wysheid? Daar was destyds geen universiteite op daardie tydstip, soos ons dit
vandag ken nie. Dus waar het hulle kennis en wysheid vandaan gekom en
gepaardgaande daarmee hulle geheue? Die Skepper het hulle van kennis voorsien,
omdat hulle geweet het wat wysheid beteken, naamlik: Om volgens die wil van
Elohim te leef. Wat ons hieruit leer, is dat wanneer iemand die Skepper nie
erken nie, hy nie toegang tot die
hoogste bron van kennis het nie! Die hoogste bron van kennis is Volkome
Waarheid.
En die ander bronne
van kennis, is dit die waarheid? Is dit altyd die waarheid? Wat verseker die
waarheid is, is die spreuk: “Die gevaarlikste leuen, is die een wat die naaste
aan die waarheid is”. Miljoene leuens word daagliks vir mense vertel en die
eienaardige is dat biljoene mense dit glo! Daar bestaan egter drie waarhede wat
die mensdom so verwar, dat hulle nie weet hoe om dit te hanteer nie. Die drie
waarhede is in breë trekke die beginsels van ‘n reletief klein groepie mense,
of kom ons noem dit hulle grondwet.
Waarheid (1) Beheer
die geldstelsel van ‘n land, dan beheer jy die land.
Waarheid (2) Beheer
die media om beheer oor (1) te bly behou.
Waarheid (3) Beheer
die kerke, dan het jy die mag van bygeloof, verenig agter jou.
Niemand sal die waarheid van stelling (1) ontken nie, maar niemand het
genoegsame kennis om die dwingelandy doeltreffend teen te staan nie. Ander het
nie die durf om op te tree nie, al het hulle die kennis oor wat aan die gang
is, want om as een van die hooggeplaaste slawe in baie weelde te lewe, is vir
hulle beter as om ‘n swaard oor die kop te hê en waarskynlik in armoede te leef!
Waarheid (1) is so omring deur leuens dat dit die werklike waarheid na ‘n leuen
laat lyk en die mense verwar om verby die boosheid te kyk. Waarheid (2) sorg
dat die leuens rondom waarheid (1) vir die verwarde mense na die waarheid lyk.
Waarheid (2) wek simpatie vir die wat geen simpatie nodig het nie, want die
heerser oor die wêreld word die onderdrukte genoem! Leuens omring waarheid (2)
en die verstandelose lesers, hoorders en kykers glo elke leuen wat opgedis
word. Waarheid (3) het ‘n kilometer lange sleepsel van leuenaars, wat deur hulle self in stand gehou word. Hulle is die
gevaarlike goed, want hulle sleep ook hulle volgelinge saam, wat in goedertrou
al die ‘amper waarhede’ wat aan hulle opgedis word, vir soetkoek opeet en dan
dit ook aan hulle onskuldige kinders voer. Daardie soort kennis is gif, want
dit stimuleer ook die geheue met emosionele, soetklinkende liedere.
No comments:
Post a Comment