Vrystede.
Gen. 9:3-6 “Alles wat beweeg en lewe, sal julle voedsel
wees. Net soos die groen plante, gee Ek dit alles aan julle. Net die vlees met
sy siel, met sy bloed, mag julle nie eet nie. Maar wat julle eie bloed betref,
dit sal Ek eis; van al die wilde wesens sal Ek dit eis. Ook van die Adamiet, en
van elke man of sy broer, sal Ek die siel van die Adamiet eis. Hy wat die bloed
van,’n Adamiet vergiet, sy bloed sal deur die Adamiet vergiet word; want Elohim
het die Adamiet na Sy beeld gemaak”. Hierdie wet was net geldig met
betrekking tot die Adamiet.
Dit is duidelik dat
moord met die doodstraf vergeld moet word, maar daar is verdere wette wat vir
die Israeliete voorgeskryf is, waarvolgens gehandel moet word by verhoor,
daarvoor en daarna. Blykbaar was gedurende daardie tyd ook iemand wat wraak kon
neem op die moordenaar. Of dit wettig was weet ek nie, maar dit wil amper
voorkom asof dit vergelyk kan word met die wat deesdae ‘die wet in eie hande
neem’. Indien die moordenaar reken hy het die moord per ongeluk gepleeg, moes
hy baie vinnig hardloop om by ‘n vrystad skuiling te kry.
Num. 34:10-12,31,32. “…...As julle deur die Jordaan na die Aarde
van Kanaän trek, moet julle gunstig geleë stede vir julle uitsoek; as stede vir
ontvlugting moet hulle vir julle dien, dat die een wat doodgeslaan het,
daarheen kan vlug. En die stede moet vir julle as toevlug van die losser wees,
sodat hy wat doodgeslaan het, nie sterwe voordat hy voor die aangesig van die
vergadering in Regspraak gestaan het nie. Maar julle mag geen losprys aanneem
vir die siel van ‘n moordenaar wat skuldig is om te sterwe nie, want hy moet
sekerlik gedood word. Ook mag julle geen losprys aanneem om iemand vry te stel
van die vlug na sy vrystad – sodat hy kan teruggaan om in die Aarde te woon
nie”.
Soos ons reeds gesien
het, was die doel van die vrystede om
beskerming te verleen aan die mense, wat iemand per ongeluk gedood het. Uit
ondervinding weet ons dat wraakgierige mense deur emosie beïnvloed
word, tot so ‘n mate dat hulle gesonde oordeel in die slag bly en dat
onskuldige mense vermoor kan word. Iemand kan gedood word, deur iemand wat hom
doelbewus uit die weg wil ruim, of as gevolg van growwe nalatigheid deur die
beskuldigde, of dit kon ‘n blote ongeluk gewees het. Daar is tog ‘n
moontlikheid dat die wraaksugtige in al drie gevalle kan toeslaan, dus was dit
die veiligste om na die vrystede te vlug.
Daar mag geen boete
opgelê
word vir die persoon wat doelbewus ‘n moord gepleeg het nie; hy moet die
doodstraf opgelê word! Blykbaar beteken die laaste reël
van die aanhaling, dat
daar nie borgtog toegestaan mag word, wat die beskuldigde in staat
stel om te ontsnap nie. Kan die skuldige in die vrystad bly tot ‘n verhoordatum
vasgestel is, waarna hy uitgelewer sal
word?
Die hedendaagse wette
verskil aansienlik van die wette wat in die bybel gegee is; dit wil voorkom
asof die mens reken hy is slimmer en regverdiger as wat JaHWeH is en kan dus
die wette na willekeur verander! Vandag
is daar nie 6 vrystede op strategiese plekke in die land nie, daar is ’n hele paar ‘vrystede’ in elke dorp
en stad, naamlik die handelsbanke. Al die beskuldigdes is daar welkom, dit maak
geen verskil wat die erns van die oortreding is nie! Die aangeklaagdes het ook
nie nodig om soheentoe te hardloop nie – hulle gebruik sommer hul selfone om
daar te kom. Daar is nou net een probleem, die arm man het geen toegang tot die
‘vrystad’ nie, al kan hy die 100 meter in 10 sekondes aflê!
Exodus 23:7,8. “Hou jou ver van valse sake af. En moenie
die onskuldige en die wat reg het, ombring nie, want Ek sal die besoedelde nie
regverdig nie. Ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie; want die geskenk maak
die siendes blind en verdraai die sake van die regverdiges”.
Ons
kan die stelling maak dat ‘n regsgeleerde eintlik nou die geskrif behoort te
voltooi, maar daar is so ‘n enorme verskil tussen die wette, soos gegee deur
JaHWeH en die wette nou in gebruik, dat die teenstrydighede ‘n kloof sal vorm
wat nooit oorbrug sal kan word nie! Raai wie sê wie is reg!
No comments:
Post a Comment