Voorwoord

Voorwoord (Lees asb eers, indien dit u eerste keer by hierdie blog is, anders kan u gerus met die blad afrol ondertoe om by die blog uit te kom)

Daar het ‘n gedagte in my opgekom toe ek nog redelik jonk was, dat alles wat geskryf of gedruk is nie die volle waarheid is nie. Later het ek besef dat alles wat gelees kan word, bestaan uit kaf en korrels. Nog later het ek besef dat niks in die materie volmaak is nie, daarom kan geen geskrif net uit korrels bestaan nie. Die geskrifte wat jy voor jou het, liewe leser, moet asseblief op dieselfde grondslag beoordeel word. Ek vra jou nie om alles wat jy lees te aanvaar nie, maar soek die korrels volgens jou begrip en gewete uit.
Ongeveer halfpad deur my lewe het ‘n argument, in ‘n baie goeie gees met ‘n goeie vriend van my plaasgevind. Die vriend is ‘n seviele ingenieur en ons het gepraat oor ‘n ontwerp van ‘n staalbalk wat verkry kan word deur ‘n bestaande I balk tandvormig te sny en dan die “tande” op mekaar vas te sweis om ‘n groter balkdiepte en dus ‘n groter dravermoë te verkry.

Fig. 1
‘n Solide I balk word tandgewys gesny en dan word die twee helftes teenoor mekaar geskuif en weer aan mekaar gesweis om weer ‘n dieper I balk te vorm.
Fig. 2
Die vergrote I balk wat meer as 3 keer die dravermoë van die oorspronklike balk sal hê, sonder dat die gewig vermeerder.

Hierdie mag vir die leek ‘n bietjie te tegnies wees, maar wees egter geduldig, ek probeer die verskil in siening verduidelik.
My argument was dat sweislas S nie te kort mag wees nie, want dit sal tot gevolg hê dat die las gaan skuifskeur (shear). Hy het gesê daar is nie daardie soort spanning in die middel van ‘n balk nie. Eintlik was ek met my matriek ‘n bietjie vermetel om met ‘n ingenieur te stry oor iets in sy vakgebied. Ons verskil het gekom omdat ons die voorwerp verskillend gesien het. Hy het Fig. 2 as ‘n eenheid gesien, wat dit werklik was! Daarteenoor het ek dit as twee aparte balke gesien, omdat as sweislas S korter word, beweeg dit nader na 0, wanneer dit werklik twee balke is. Op een of ander lengte van die sweislas sou dit skuifskeur. Die ingenieur het later toegegee dat ek reg was, maar dit is nie van belang nie. Wat ek probeer tuisbring is dat verskillende mense op verskillende maniere na ‘n geskrewe stuk kyk en ek gaan geensins ‘n leser kwalik neem indien hy of sy van my verskil nie.
Dat ek met die geskrifte op mense se tone gaan trap is onvermydelik, maar as dit nie die geval was nie; waarom skryf ek dan? Indien die leser net ‘n paar “korrels” ontdek, is ek verheug en weet ek dat dit die moeite werd was. Sien tog maar die teenstrydighede oor, soos wanneer ek bv. snedigheid veroordeel terwyl ek self dikwels snedige dinge skryf. Ek self is baie ver van volmaak af, sien tog maar die foute oor.
Ook is ek nie ‘n taalkundige nie en daar is beslis baie ruimte vir verbetering, om vloeiende leesgemak te verseker, maar ek vra tog dat verandering versigtig gedoen moet word, aangesien ‘n woord verandering ‘n bedoelde begrip verlore kan laat raak.

Thursday, February 11, 2016

Onnadenkende Veroordeling



Onnadenkende Veroordeling.

            Dink mense, wanneer hulle ander veroordeel, of raak hulle histeries en skree agter die koerante aan sonder om te dink? Is wat in die koerante staan en oor die radio en die televisie uitgesaai word, evangelie? Indien hulle so dink, wie se evangelie sou dit wees? Dit moet Lucifer se evangelie wees, want nêrens in die bybel word apartheid veroordeel nie! Inteendeel word die oortreding van die apartheids-wette as ‘n baie ernstige sonde uitgewys. Julle wat julleself Christene noem; lees julle dan nie julle bybel nie? Glo julle eerder die media? Dis ‘n eienaardige godsdiens waar twee Here gedien word, of het julle soveel respek vir die rebel teen die  Skepper van hemel en aarde, dat julle nie anders kan as om hom te aanbid nie? Waarom noem julle julleself dan Christene?
            In Suid Afrika is ‘n krimpende groep mense, wat getrou aan die Woord, apartheid toepas. Die woord apartheid word deur bykans die hele wêreldbevolking as ‘n vloekwoord bestempel en die Boerevolk word as die grootste gruwel op aarde gebrandmerk, omdat ons volgens die wet van ons hemelse Vader handel! Die oorgrote meerderheid van die blanke bevolking van Europa en die V.S.A. skel op die Boerevolk, oor daardie enkele woord, omdat hulle te skynheilig of te bang is om die media teen te staan.
            In die media het tog ‘n berig deurgesypel dat mense van Oosterse afkoms al vir 16 jaar, in ‘n sekere dorp in Brittanje kinderpornografie en al die boosheid wat daarmee saamgaan, beoefen. Dink net hoeveel Blanke kinders se lewens is al in daardie tyd vernietig! Waarom sê ek dit is Blanke kinders? Omdat, toe navraag gedoen is by die owerhede, hoekom hulle nooit teen die boosdoeners opgetree het nie, die antwoord was: “Ons is bang ons word beskuldig van rassisme”. Is dit nie maar dieselfde as om jou kind in die rooiwarm arms van die afgod te plaas, wat die gebruik was in die dae toe Lucifer openlik aanbid was nie? [Om afgode te dien is niks anders as om Lucifer te dien nie!] Die verskil is net dat die owerhede en ouers nou dieselfde afgod op ‘n lafhartige, onderduimse manier aanbid!
            Toe Dr. Verwoerd gedurende die sestigerjare van die vorige eeu, die oplossing vir die probleme van die wêreld gedemonstreer het, was Lucifer en sy handlangers verskrik en die eerste ding wat hulle toe gedoen het, was om nog ‘n vloekwoord tot hulle woordeskat toe te voeg naamlik: Verwoerdisme. Kom ons kyk net vlugtig na die werk en dood van Dr. Verwoerd. Hy was van Hollandse afkoms en het geglo elke volk moet sy eie land hê en self daardie land regeer. Omdat elke volk en land in die Republiek van S.A. nie selfonderhoudend was nie, het die R.S.A. onder sy leiding fabrieke in die tuislande opgerig om werkloosheid te voorkom en skole en tersiêre opleidingsgeriewe voorsien vir die ontwikkeling van die Swart bevolking. Wat in werlikheid die enigste oplossing vir die wêreld se probleme sou wees, is met die volgende vloekwoord van die Lucifer volgelinge verdoem. Die woord is segregasie.
            Onder leiding van Dr. Verwoerd word S.A ‘n republiek. Die knegte van Lucifer besluit om die argitek, van die oplossing van die probleme van die wêreld, te vermoor. Lucifer soek nie vrede op aarde nie! Let op wie met die beplanning van die sluipmoord gemoeid was! Die eerste aanslag  deur David Pratt het nie geslaag nie, maar die aanslag deur Demitrio Tsafendas het tot die dood van die briljante leier gelei. Albei die moordenaars het dieselfde ‘sielkundige’ in Londen, voor die sluipmoord aanslae besoek! Vier dae voor die moord was daar verskeie mense wat geweet het dit gaan gebeur! Nou kan baie vrae gevra word: Hoe is dit moontlik dat Tsafendas wat, voorheen uit die land gedeporteer was, die aanstelling in die parlement gekry het? Die opvolger van dr. Verwoerd stel ‘n kommissie van ondersoek aan, maar waarom in die geheim? Waarom verklaar hy, nog voor die ondersoek voltooi was, dat daar nie sprake van ‘n sameswering was nie, terwyl die moordenaar verklaar het dat hy ‘n beplande moord gepleeg het? Hoe is dit moontlik dat die offisier wat vir die veiligheid van die president verantwoordelik was, nie daaraan kon dink dat ‘n man met ‘n duister verlede, dalk die president kon aanval nie? Hoe word ‘n arbeider met ‘n dolk in die vergadersaal toegelaat? Dit is ‘n paar vrae oor wat Suid Afrikaners se optrede was.
            Wat die buiteland betref: Om alles wat bestaan, ‘in ‘n pot te gooi en deurmekaar te roer’, sal net ‘n groot gemors afgee! Dit is bewys toe die koloniserende magte van Europa, Afrika verlaat het en grense agter gelaat het, sonder om die etniese waardes van die verskillende volke in ag te neem! Hulle moes mos geweet het dat dit tot ‘n kookpot sou lei! Hoe onnosel moet ‘n mens wees om dit nie te verstaan nie? Of wou hulle dit nie verstaan nie, om duistere redes? Tog het die media weer miljoene mense, veral in die Westerse lande, se denke met daardie derde vloekwoord van hulle, naamlik segregasie begogel, sodat hulle al vloekend aan die lawaai deelgeneem het.  Miljoene Dollars, Ponde, Roebels en wat nog alles, is bestee om derduisende anderskleuriges van verskillende skakerings na hulle lande te lok en met vreemde ideologië vol te prop en haat in hulle binneste te vestig. Die koor van verstandelose dwase het luid oor die aarde weerklink. Waarom ek hulle verstandeloos en dwaas noem, sal later duidelik word!
            ‘n Groot gedeelte van die Die Boerevolk was boerende boere en  hulle het geweet as jy met twee beesrasse boer, dan hou jy hulle uitmekaar, want as jy dit nie doen nie, sit jy uiteindelik met nog die een nog die ander. Segregasie was al die jare vir die Boerevolk so natuurlik as om asem te haal, maar die hoof rede was omdat dit ‘n opdrag van die Skepper is, soos dit vandag nog is, vir die wat Hom aanbid. Integrasie is toe verhef en verheerlik, ook van die kansels af en dit was deur die media as die ‘in ding’ aangeprys.
            Wat beteken ‘onnadenkend’? Beteken dit dat die persoon net vir ‘n oomblik vergeet het om te dink? Daardie oomblik duur dan al van 1948 af tot nou. Kon die arme skepsel oor ‘n tydperk van 66 jaar nie sy dooie brein in rat kry nie? Of beteken die woord ‘n dooie brein, tot die dag van sy afsterwe? Dit het nodig geword om vir diesulkes ‘n stukkie geskiedenis te vertel, en dan te kyk of hulle harsings kan ontwaak!
            ± 1980 Besluit die Blanke regering om Asiate in die parlement toe te laat. Dié het hulle geloof saam met hulle in die parlement ingedra en onmiddelik beswaar gemaak teen twee van die drie Name, wat die Christene in hulle gebede gebruik! Die Blanke parlementslede het aan die versoek voldoen en die meeste kerkleiers het hulle entosiasties ondersteun, want ‘jy moet jou naaste liefhê’! Is die Moslems nader aan die kerkleiers as hulle mede Christene en gemeentelede? Integrasie het aan die geloofsfondament begin knaag!
            Na die oorname van die Swart regering, het hulle dadelik begin met ‘integrasie’, maar dit was ‘n eienaardige vorm van integrasie, want hulle integrasie het ‘n stert bygekry genaamd ‘regstellende aksie’, maar in werklikheid was dit ‘verkeerdstellende aksie’, want bekwame Blanke arbeiders is inderhaas vervang met onbekwame Swart arbeiders. Die staatsdiens is na skatting vier keer vergroot, om vir al die familie en kaders plek te maak. Salarisse is skrikwekkend verhoog en korrupsie is aan die orde van die dag. ‘n Eens florerende land is met rasse skrede besig om tot niet te gaan.
            Kort gelede het die Swart regering besluit om ‘n groep Kubane in te voer om die waterwerke, wat deur die onbeholpenheid van die aangestelde Swart werkers, tot in chaos  verval het, weer te herstel. Dit terwyl daar oorgenoeg bekwame Blanke ingenieurs in die land beskikbaar is om die taak te verrig!
            Afrikaanse staatskole is gedwing om nieblankes toe te laat. ’n Skool met 1,000 Afrikaans sprekende leerlinge word gedwing om 10 anderskleurige skoliere toe te laat, of daar nog ruimte vir meer skoliere is of nie. Wanneer ‘n skoolraad beswaar maak, op grond van te min ruimte, word hulle beskuldig van rassisme en het hulle nie ‘n keuse nie. [Want daar mag mos nie gediskrimineer word nie]! Gou na toelating, maak die nuwe  leerlinge beswaar teen die taal in die skool en ter wille van die 10 leerlinge, moet die Afrikaans medium skool nou ‘n dubbel medium skool word. Daardie 10 leerlinge word in die Afrikaans medium skool, teen die wil van die beheerraad ingedwing, terwyl daar goeie Engels medium skole in die omgewing is! Die nuutste truuk is dat geen godsdiens onderrig gegee mag word nie, want vyf van die tien leerlinge is nie Christene nie! Ons sal later  hierdie aangeleentheid van nader beskou.
            Nou my voorspelling! Die geboortesyfer in Europa is 1,4 kind per gesin, wat nie die bevolking se getalle kan handhaaf nie. In die V.S.A. is die geboortesyfer 1,9 kind per gesin, wat net genoeg is om die bevolking op die selfde vlak te hou. Die Blankes vermeerder dus nie. Wat gebeur in Afrika? Met ‘n aanwas van 5,5 kinders per ouerpaar, word bereken dat die bevolking van Afrika oor 35 jaar sal vermeerder vanaf 1,000,000,000 tot 2,500,000,000! ‘n Baie groot gedeelte van die huidige bevolking ly honger en baie van hulle waag hulle lewens om Europa te bereik. Hulle is stelselmatig besig om Europa te oorstroom en daardie oorstroming kom ook van ander lande meer na die Ooste. Holland se regeerders se houding teenoor die instromers is reeds ooglopend baie verdraagsaam; weet hulle wat gaan gebeur wanneer die instromers meer word as die oorspronklike bevolking! Die insypelaars waag hulle lewens op onseevaardige vlotte om op Italiaanse en Spaanse bodem te kom. As hulle nie daar gul genoeg ontvang word nie, beweeg hulle oor die grens na Frankryk. Van daar gaan hulle uit die plakkerskamp en probeer om oor die Engelse kanaal  tot by Dover te kom. Hulle het seker gehoor die Engelse is baie lief vir hulle, maar die afstand tussen  Afrika en Engeland oor die see is te groot, daarom is Italië en Frankryk net ‘stepping stones’! Waar die insypelaars ookal ‘n vasskopplek kry, daar maak hulle nes. Wat die Europeane blykbaar nie agterkom nie, is dat daardie insypelaars hulle godsdiens en kultuur saam met hulle dra. Het julle gelees wat met die Afrikaanse skool gebeur het, toe 10 leerlinge 1000 leerlinge oorrompel het? Nou gaan julle sê Suid Afrika het ‘n Swart regering, maar dink julle dat julle oor genoeg mense beskik, wat nognie deur die media gebreinspoel is, om ‘n soortgelyke gebeurtenis te verhoed nie? In S.Afrika is dit ‘n gedwonge toestand, soos dit in Duitsland ook die geval was, maar as die meerderheid van die bevolking toestem, is daar geen ommekeer nie; dan gaan julle as volke verswelg word! Wat in Europa gebeur, is ook besig om in die V.S.A. te gebeur.
            Julle gene gaan besoedel word! As julle nie enige beswaar teen integrasie het nie, gaan julle verstom wees hoe gou julle nie meer ‘n suiwer volk gaan wees nie! Let op wie die wraakgierige volke op aarde is; wie mense onthoof en in die agterkoppe skiet! Wil julle soos hulle wees? Soek julle hulle gene in julle volksbloed?  Tot dusver het ons hoofsaaklik gekyk na die gebreinspoeldes wat sonder om te dink die Boerevolk veroordeel, hoewel daar tog melding gemaak is van wraakgierige mense wat tussen die onnadenkendes voorkom. My waarskuwing is: Dit waaroor julle die Boerevolk veroordeel, gaan julle om smeek na julle ondergang!
            Daar is tog een land in Wes Europa, wat niks by die insypelaars kan leer nie. Is hulle liefde vir die insypelaars juis om onderrig aan hulle te gee? Kom ons kyk wat in Suid Afrika gebeur het! Gaan die Westerse lande se oë nou begin oopgaan, omdat so baie van hulle inwoners na Irak gaan om saam met die Islamitiese fanatiese bewegings te veg? Was hulle almal Arabiere wat voorheen in hulle lande verwelkom was? Of is daar tussen hulle van julle eie kinders wat tot die Islam bekeer is? Hoe lyk die skietery in Kanada vir julle? Gaan julle onnadenkendheid lei tot afdreiging van julle land en volk; en dit net omdat julle te slapgat was om weerstand te bied teen die breinspoeling van die bose! Ek vra die vraag aan elke burger van die Westerse lande.
            ‘n Vrou wat in Frankryk woon, het met haar gesprek oor die televisie, ‘n insiggewende opsomming oor die denke van die gewone Franse landsburger gegee. Kom ons aanvaar sy  het die nodige kennis en dat ek haar reg verstaan. In kort kom dit daarop neer dat die Franse vryheid van spraak baie belangrik ag. Agter die woorde kon ek agterkom dat hulle steeds vryheid, gelykheid en broederskap baie hoog aanslaan! Die filosofie is egter ‘n komplekse begrip wat onder verskillende omstandighede nie tot dieselfde gevolge sal lei nie. Honderd jaar gelede was almal welkom en het gelei tot ‘n redelike ‘bont’ bevolking. Nou raak die Fransman bekommerd oor sy eie vryheid, waar hy in die verlede filantropies die vryheid van ander beoefen en nagestreef het. Vryheid van spraak is nog van die grootste belang [dit word bewys deur die reaksie na die moorde op agt spotprent publiseerders], maar dit word deur gebruik van die internet ‘n tweesnydende swaard! Nou ontwikkel daar vrese dat hulle vrye Ateïsme deur ander bindende ideologieë soos Rooms Katolisisme, Islamisme, Protestantisme, Hindoeïsme, ens. vervang kan word. Vryheid het nou ‘n klemverskuiwing beleef! Die groot ideaal het nou ‘n enorme bedreiging geword, wat hulle verseker nie kan oplos nie! Die Franse volk stuur nou op totale oorheersing deur vreemdelinge af, waar daar hoegenaamd geen vryheid vir hulle sal wees nie!

No comments:

Post a Comment