Die Oë van
‘n Kind
Matt. 19:13-15 “Toe bring hulle kindertjies na Hom, dat Hy
hulle die hande sou oplê en
bid; en die studente het hulle bestraf. Maar JaHWeshua sê: Laat die kindertjies staan en
verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die Koninkryk
van die Hemele. En Hy het hulle die hande opgelê
en daarvandaan vertrek”.
Hoe het hierdie
kindertjies se oë gelyk? Hulle kom uit huise vol liefde, want anders sou
hulle ouers hulle nie na JaHWeshua gebring het om geseën te word nie. Verwagting en bewondering
sou duidelik in hulle oë te lees wees, want die oog toon ‘n akkurate weerspieëling
van die gevoelens in die binneste. Wat ‘n wonderlike voorreg het hierdie
kindertjies gehad!
Nou 2000 jaar later,
het kinders nie meer daardie direkte kontak met ons Verlosser nie, maar
gelowige ouers kan hulle kinders met liefde na Hom toe lei. Kinders wat in so
‘n huis opgroei weerspieël die liefde in hulle pragtige ogies. Die kind word groter
en kom in aanraking met ‘n verskeidenheid mense; gaan die oë
liefdevol bly?
Oë kan
nie lieg nie; die mond kan ‘n innerlike gevoel verdoesel, maar die oog nooit! Wanneer
‘n kind uit ‘n liefdevolle gesin die buitewêreld betree, sal hy of sy moontlik
mense teëkom
met ‘n geheel ander gesindheid as waaraan hulle gewoond is. Sal in hulle oë dan
ontnugtering gelees word, omdat die deursnee mens nie die woord liefde begryp
nie? Sal die oë
moontlik droefheid weerspieël?
Hoe lyk die oë van
kinders in ‘n gesin waar die ouers te veel van hulle verwag? Het die pragtige
vertrouende blik plek gemaak vir verwarring, omdat die kind nie aan die eise
van die ouer kan voldoen nie? Ek het al sulke kinders gesien; die seer lê
baie diep, wanneer die oë niks-siende in die verte staar; waar liefde plek moes
maak vir onmag. Die ander mense verhoed selfs die vloei van verligting-gewende
trane!
So dikwels gebeur dit
dat kinders hulle ouers verafgood, in ‘n goeie sin en uit die oë van
die kinders straal liefde en respek, maar op ‘n dag maak ‘n ouer ‘n fout wat
die kind sien. Daardie oë word met afgryse vervul en sal altyd ‘n skadu dra.
Die oë van
‘n verhongerde kind sit diep in die oogkaste, so asof alles wat dit in plek
moes hou verdwyn het. Emosies onherkenbaar vervleg tot ‘n vlak van gelatenheid!
Die hartverskeurendste
beeld, is die oë van ‘n kind wat ly aan fetale alkohol sindroom. Die twee
ogies van die onskuldige kind, kan nie eers in dieselfde rigting kyk nie! Daar
is nie eers plek vir verwyt nie! Die selfverwyt van die moeder sal seker opmaak!
Wat is verkeerd in ‘n samelewing wanneer ‘n vrou so besope raak, dat sy vir
geen oomblik dink wat die gevolge van haar drank misbruik op haar ongebore kind
sal hê
nie? Het sy dalk swanger geraak toe sy so dronk was dat sy nie eers bewus was
dat dit gebeur het nie? In daardie geval meneer, het jy van haar misbruik
gemaak! Gaan kyk na die ogies van daardie kindjie. Sal jy daardie kind as jou
eie aanvaar en versorg, of gaan jy jou rug draai en wegstap?
No comments:
Post a Comment