Voorwoord

Voorwoord (Lees asb eers, indien dit u eerste keer by hierdie blog is, anders kan u gerus met die blad afrol ondertoe om by die blog uit te kom)

Daar het ‘n gedagte in my opgekom toe ek nog redelik jonk was, dat alles wat geskryf of gedruk is nie die volle waarheid is nie. Later het ek besef dat alles wat gelees kan word, bestaan uit kaf en korrels. Nog later het ek besef dat niks in die materie volmaak is nie, daarom kan geen geskrif net uit korrels bestaan nie. Die geskrifte wat jy voor jou het, liewe leser, moet asseblief op dieselfde grondslag beoordeel word. Ek vra jou nie om alles wat jy lees te aanvaar nie, maar soek die korrels volgens jou begrip en gewete uit.
Ongeveer halfpad deur my lewe het ‘n argument, in ‘n baie goeie gees met ‘n goeie vriend van my plaasgevind. Die vriend is ‘n seviele ingenieur en ons het gepraat oor ‘n ontwerp van ‘n staalbalk wat verkry kan word deur ‘n bestaande I balk tandvormig te sny en dan die “tande” op mekaar vas te sweis om ‘n groter balkdiepte en dus ‘n groter dravermoë te verkry.

Fig. 1
‘n Solide I balk word tandgewys gesny en dan word die twee helftes teenoor mekaar geskuif en weer aan mekaar gesweis om weer ‘n dieper I balk te vorm.
Fig. 2
Die vergrote I balk wat meer as 3 keer die dravermoë van die oorspronklike balk sal hê, sonder dat die gewig vermeerder.

Hierdie mag vir die leek ‘n bietjie te tegnies wees, maar wees egter geduldig, ek probeer die verskil in siening verduidelik.
My argument was dat sweislas S nie te kort mag wees nie, want dit sal tot gevolg hê dat die las gaan skuifskeur (shear). Hy het gesê daar is nie daardie soort spanning in die middel van ‘n balk nie. Eintlik was ek met my matriek ‘n bietjie vermetel om met ‘n ingenieur te stry oor iets in sy vakgebied. Ons verskil het gekom omdat ons die voorwerp verskillend gesien het. Hy het Fig. 2 as ‘n eenheid gesien, wat dit werklik was! Daarteenoor het ek dit as twee aparte balke gesien, omdat as sweislas S korter word, beweeg dit nader na 0, wanneer dit werklik twee balke is. Op een of ander lengte van die sweislas sou dit skuifskeur. Die ingenieur het later toegegee dat ek reg was, maar dit is nie van belang nie. Wat ek probeer tuisbring is dat verskillende mense op verskillende maniere na ‘n geskrewe stuk kyk en ek gaan geensins ‘n leser kwalik neem indien hy of sy van my verskil nie.
Dat ek met die geskrifte op mense se tone gaan trap is onvermydelik, maar as dit nie die geval was nie; waarom skryf ek dan? Indien die leser net ‘n paar “korrels” ontdek, is ek verheug en weet ek dat dit die moeite werd was. Sien tog maar die teenstrydighede oor, soos wanneer ek bv. snedigheid veroordeel terwyl ek self dikwels snedige dinge skryf. Ek self is baie ver van volmaak af, sien tog maar die foute oor.
Ook is ek nie ‘n taalkundige nie en daar is beslis baie ruimte vir verbetering, om vloeiende leesgemak te verseker, maar ek vra tog dat verandering versigtig gedoen moet word, aangesien ‘n woord verandering ‘n bedoelde begrip verlore kan laat raak.

Thursday, February 11, 2016

Die Sinkende Skip



Die Sinkende Skip

            Driehonderd jaar gelede was rotte reeds die onwelkome passasiers op die houtromp skepe wat met windkrag oor die oseane gevaar het. Die stewige toue waarmee die skepe aan die kaaie vasgemaak was, was die toegangsroetes waarlangs die rotte op die skepe gekom het. Soos baie ander mense was matrose gedurende daardie jare redelik bygelowig. Die paar oplettendes wat skeepsrampe op see oorleef het, het vertel dat daar nie rotte op die skip was toe dit vergaan het nie en allerhande magiese eienskappe is mettertyd aan die rotte toegedig. Wat die matrose ookal geglo het is hulle saak, maar die feit is, die rotte het met die laaste aandoen by ‘n hawe, die skeepstoue as eenrigting roete landwaarts gebruik. Hoe het hulle geweet die skip gaan vergaan? Hulle kon tog nie geweet het of daar oor 'n maand, 'n storm op see gaan wees, 500 kilometer van waar hulle hul toe bevind het nie! Kom ek vertel vir julle 'n geheim. Hulle het baie goed geweet hoe ver hulle al die rompbalke van die skip weggeknaag het en as daar 'n storm op see hulle sou oorval … . Wel!
            Soos wat die rotte verwag het, het die skip tog later in 'n storm beland, waar die verswakte romp flenters geslaan is deur die golwe. Die matrose wat al die arbeid op die skip verrig het, het saam met die skip onder gegaan. Die eerbares is dood en die klomp rotte vreet hulle dik in die stoorkamers van die hawestad!
            'n Mens voel jammer vir die matrose, maar dan wonder mens waarom hulle nie gesien het dat die stutbalke weggeknaag is nie. Daardie balke was onder die vloerplanke van die laairuimte en die bouers van die skip het nie voorsiening gemaak vir inspeksieluike nie. Die rotte kon dus hulle vernietigingswerk ongesiens in die duister doen.
            Selfs vandag nog sink skepe, maar daar word vertel dat 'n land baie, baie lank gelede ook gesink het. Die land se naam was Atlantis. Is daar 'n vergelyking tussen 'n sinkende skip en 'n sinkende vasteland? Ongelukkig ken ek nie die geskiedenis van die inwoners van Atlantis goed genoeg om tot 'n korrekte gevolgtrekking te kom nie.
            Van die huidige bewoners van die aarde wens miljoene waarskynlik dat Brittanje soos Atlantis onder die water kan verdwyn. Sal daar 'n vergelyking met 'n sinkende skip wees? Wie sal verantwoordelik vir die ramp wees? Wie is die slagoffers?
            Eers moet ons vasstel waarom miljoene mense oor al die vastelande van die aarde verheug sal wees indien Brittanje soos Atlantis in die see sou wegsink.
            Vir 'n paar eeue was Brittanje daarop uit om alle minerale en ander rykdomme waarop hulle hul hande kon lê te steel, of te annekseer soos hulle sê. In die proses het hulle duisende moorde gepleeg. Die bloed van bykans alle volkere het van hulle hande gedrup. Die aarde sal juig indien daardie land onder die water verdwyn!
            En indien die land sink? Sal die ‘rotte’ dan reeds die wyk geneem het? Die gewone landsburgers is niks anders as die ‘matrose’ van die skip nie, want dis hulle wat hard werk en die wiele aan die rol hou. Maar hoe moet hulle dit regkry indien die ‘rotte’ alles wat hulle bereik wegknaag? Hierdie ‘rotte’ vreet alles en knaag aan alles. Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde. Hulle druk die papiergeld onder voorwendsel dat werksgeleenthede geskep moet word en die landsekonomie moet aan die gang gehou word. Hiermee stem die ‘matrose’ saam, want almal hou van geld, maar hulle verstaan nie die realiteite van die voorstel nie, want die ‘rotte’ knaag in die ‘duister’ van die ‘matrose’ se onkunde.
            As daar argumentshalwe £10,000,000,000 in omloop is en die ‘rotte’ druk £1,000,000,000 [wat hulle aan papier en ink amper niks kos nie], is jou £ 10% minder werd! Jy sien die ‘rotte’ het £1,000,000,000 uit julle spaargeld, beleggings en selfs die kontant in jou beursie ‘geknaag’. Nou word daardie geskepte geld aan julle regering geleen en julle, as belastingbetalers, moet rente betaal op die bedrag wat ‘die rotte van julle af geknaag het’ en op papier skuld julle [die belastingbetalers] £1,000,000,000 meer aan die ‘rotte’. Kort voor lank skuld ‘die matrose die hele skip en sy vrag aan die rotte’!
            In die ou hout- en seilskepe was die rotte skugter. Hulle het hulle vernietigingswerk in die geheim gedoen. By wyse van uitsondering sou die dapperste, waaghalsig raak en in die nag aan die matroos se oor byt. Maar dit het hom waarskynlik sy lewe gekos.
            Die vraag is, is daar 'n verskil tussen die rotte wat op die ou skepe geleef het en die moderne ‘rotte’ wat vandag oor die hele wêreld beweeg? Die antwoord is ja en nee.
            Ja, want albei se bedrywighede is duister en verskuild. Albei het ook die gewoonte om tydens gevaar na veiliger terrein te beweeg. Albei was gewoonlik verantwoordelik vir die ramp wat die matrose se voortbestaan bedreig het. Daar is nog 'n hele paar ooreenkomste, maar kom ons kyk na die verskil.
            Die modernde ‘rotte’ is baie meer slu, want hulle beweeg tussen die ‘matrose’, maar verberg hulle identiteit. Waar die ou rot al sy moed bymekaar moes skraap om die matroos se oor te byt, is die moderne ‘rotte’ grensloos brutaal en hulle deel bevele uit aan die ‘kapteins’ wat dit druipstert, maar met 'n groot-doenerige houding aan die ‘matrose’ oordra. Die ‘kapteins’ se liefde vir geld en hulle korrupte geaardheid het tot gevolg gehad, dat hulle deur die ‘rotte’ afgepers kan word. As gevolg van korrupsie het die ‘rotte’ wêreldwyd die monopolie verkry om geld te druk. Hou maar die ‘kapteins’ dop, hoe nader aan die ‘rotte’ hoe stywer word hulle bolippe!
            Hierdie ‘rotte’ sal hulle bes doen om die ‘matrose’ op elke terrein uit te buit tot voordeel van hulleselfuit tot voordeel van hulleself. Die ‘kapteins’ word bevoordeel omdat hulle die ‘matrose’ in bedwang moet hou. In werklikheid regeer die ‘rotte’ die wêreld en hulle kan maak en breek soos hulle wil en geen ‘kaptein’ sal hulle teenstaan nie.
            Of daar weer 'n land sal wegsink in die see, weet ek nie en ek weet ook nie of mense die oorsaak tot so 'n katastrofe kan wees nie, maar wat ek wel weet is dat 'n rot en 'n ‘rot’ baie goed vergelyk. Die deeltekens dui net die goed beplande sluheid en roekelose optrede aan.
            Kom ons bring 'n besoek aan London gedurende die jaar 1603. Daar heers verskriklike verwarring, want mense word siek en sterf binne 'n paar dae. Daar is geen geneesmiddel beskikbaar nie en dit wat ou mense oor 'n soortgelyke epidemie te sê het, maak almal nog swaarmoediger. Die swere wat op hulle liggame uitkom beteken die doodvonnis. Driehonderd jaar later het die wetenskaplikes eers begin vermoed dat vlooie en rotte iets te doen het met die plaag! Na nog byna 'n eeu kon hulle met sekerheid bevestig dat dit wel die oorsprong van die plaag was. Die rotte op die skip het die struktuur van die skip beskadig en hulle het die voedsel van die matrose verorber, maar nou sien ons nog 'n bedreiging, wat nie net die lewens van die matrose in gevaar gestel het nie, maar ook hulle gesinne se lewens is bedreig, in werklikheid is die hele nasie se voortbestaan op die weegskaal. Opsommend: Die matroos werk hard vir sy daaglikse loon. Hy anker die skip aan die kaai. Die rotte beweeg oor die ankertoue tot op die skip en dra die vlooie tot op die skip en die vlooie dra die bakterië tot op die skip. Die rotte het hulle skade aan die struktuur van die skip voltooi en nou gaan hulle weer met die ankertoue na die matrose se tuisdorp. Saam met hulle dra hulle die vlooie en die vlooie dra die bakterië wat die Swart Pes versprei!
            Kom ons beweeg nou weer so 410 jaar vorentoe. Daar heers nou weer verwarring, want mense raak werkloos en gaan bankrot. Daar is nie 'n oplossing vir die finansiële probleme nie en dit wat die ou mense oor soortgelyke situasies te sê het, maak almal nog swaarmoediger. Die manier waarop banke hulle hanteer maak bankrotskap onvermydelik. Hoe lank gaan dit duur voordat die gewone landsburgers [die ‘matrose’] agterkom wat verkeerd loop met die finansies? Gaan dit nog 'n eeu duur voordat hulle ontdek dat die ‘rotte’ die oorsprong van die finansiële probleme is? Die ‘rotte’ in 'n land benadeel die eerlike landsburger sodanig dat dit al moeiliker raak om kop bo water te hou. Daagliks word vrye ondernemings deur die ‘rot’-beheerde ondernemings oorgeneem. Die totale ekonomiese sisteem word nou bedreig deur weghol inflasie. My hart gaan uit na die hardwerkende deel van die bevolking wat ten gronde gaan. Opsommend: Die ‘rotte’ dra deur middel van die media vreemde begrippe tussen die hardwerkende ‘matrose’ in en vergiftig hulle denke tot 'n vlak van selfvernietigende volks-ondergang. Hulle glo die snert wat vir hulle opgedis word, veral omdat die regering dit beaam.
            Die hardwerkende landsburgers sien die ellende, maar omdat hulle te onkundig is om die oorsprong van die boosheid te ontdek, lei die frustrasie na anargie. Wanneer daardie anargie hande uit ruk, gaan die ‘rotte’ weer verkas. ‘Rotte’ hou net so min van sinkende lande as wat rotte van sinkende skepe hou!
           

No comments:

Post a Comment