Voorwoord

Voorwoord (Lees asb eers, indien dit u eerste keer by hierdie blog is, anders kan u gerus met die blad afrol ondertoe om by die blog uit te kom)

Daar het ‘n gedagte in my opgekom toe ek nog redelik jonk was, dat alles wat geskryf of gedruk is nie die volle waarheid is nie. Later het ek besef dat alles wat gelees kan word, bestaan uit kaf en korrels. Nog later het ek besef dat niks in die materie volmaak is nie, daarom kan geen geskrif net uit korrels bestaan nie. Die geskrifte wat jy voor jou het, liewe leser, moet asseblief op dieselfde grondslag beoordeel word. Ek vra jou nie om alles wat jy lees te aanvaar nie, maar soek die korrels volgens jou begrip en gewete uit.
Ongeveer halfpad deur my lewe het ‘n argument, in ‘n baie goeie gees met ‘n goeie vriend van my plaasgevind. Die vriend is ‘n seviele ingenieur en ons het gepraat oor ‘n ontwerp van ‘n staalbalk wat verkry kan word deur ‘n bestaande I balk tandvormig te sny en dan die “tande” op mekaar vas te sweis om ‘n groter balkdiepte en dus ‘n groter dravermoë te verkry.

Fig. 1
‘n Solide I balk word tandgewys gesny en dan word die twee helftes teenoor mekaar geskuif en weer aan mekaar gesweis om weer ‘n dieper I balk te vorm.
Fig. 2
Die vergrote I balk wat meer as 3 keer die dravermoë van die oorspronklike balk sal hê, sonder dat die gewig vermeerder.

Hierdie mag vir die leek ‘n bietjie te tegnies wees, maar wees egter geduldig, ek probeer die verskil in siening verduidelik.
My argument was dat sweislas S nie te kort mag wees nie, want dit sal tot gevolg hê dat die las gaan skuifskeur (shear). Hy het gesê daar is nie daardie soort spanning in die middel van ‘n balk nie. Eintlik was ek met my matriek ‘n bietjie vermetel om met ‘n ingenieur te stry oor iets in sy vakgebied. Ons verskil het gekom omdat ons die voorwerp verskillend gesien het. Hy het Fig. 2 as ‘n eenheid gesien, wat dit werklik was! Daarteenoor het ek dit as twee aparte balke gesien, omdat as sweislas S korter word, beweeg dit nader na 0, wanneer dit werklik twee balke is. Op een of ander lengte van die sweislas sou dit skuifskeur. Die ingenieur het later toegegee dat ek reg was, maar dit is nie van belang nie. Wat ek probeer tuisbring is dat verskillende mense op verskillende maniere na ‘n geskrewe stuk kyk en ek gaan geensins ‘n leser kwalik neem indien hy of sy van my verskil nie.
Dat ek met die geskrifte op mense se tone gaan trap is onvermydelik, maar as dit nie die geval was nie; waarom skryf ek dan? Indien die leser net ‘n paar “korrels” ontdek, is ek verheug en weet ek dat dit die moeite werd was. Sien tog maar die teenstrydighede oor, soos wanneer ek bv. snedigheid veroordeel terwyl ek self dikwels snedige dinge skryf. Ek self is baie ver van volmaak af, sien tog maar die foute oor.
Ook is ek nie ‘n taalkundige nie en daar is beslis baie ruimte vir verbetering, om vloeiende leesgemak te verseker, maar ek vra tog dat verandering versigtig gedoen moet word, aangesien ‘n woord verandering ‘n bedoelde begrip verlore kan laat raak.

Thursday, February 11, 2016

Gebruik jou Talente



Gebruik jou Talente

            Voordat ons die gebruik van talente aanspreek, moet ons eers bepaal wat talente is en tot wie se voordeel dit gebruik moet word.
            Talente of bekwaamhede word in die materie wêreld gebruik vir materiële gewin en dit word vergelykenderwys in Matt 25:14-30 gebruik sodat almal kan verstaan, maar daar is diegene wat sal verstaan dat dit op geestelike vlak toegepas moet word. Al skatte wat die geestelik ingestelde mens kan vergaar, is barmhartigheid wat bewys word.
            Om te sien aan wie barmhartigheid bewys moet word, kyk na Matt 25:31-40. “En wanneer die Seun van die mens in Sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op Sy heerlike troon sit; en voor Hom sal al die nasies versamel word, en Hy sal hulle van mekaar afskei soos die herder die skape van die bokke afskei; en Hy sal die skape aan Sy regterhand en die bokke aan Sy linkerhand sit. Dan sal die Koning vir die wat aan Sy regterhand is, sê: Kom, julle geseëndes van My Vader, beërf die koningkryk wat vir julle berei is van die grondlegging van die wêreld af. Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee; Ek was naak, en julle het my geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.
            Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee? En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee? En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis en na U gekom?
            En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar, Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.”
            Wanneer ons na die laaste reël kyk sien ons ‘een van die geringstes’ wat ook by implikasie ‘almal’ kan beteken. ‘Hierdie broeders van My’ laat geen twyfel oor die betekenis van die woord ‘naaste’ nie. Die betekenis van ‘neighbour’ kan enigiemand of iets wees en is vaag.
            Ons sien baie duidelik dat daar met die finale oordeel twee soorte sal wees. Vir die skape is die koninkryk berei van die grondlegging van die wêreld af. Vir die geseëndes was die bereiding van die grondlegging van die aarde af, dus van die Adamietiese skepping af? Waar kom die bokke vandaan? Die wat deur die vyand van Elohim op aarde gesaai is. Die wat deur sekere mense so hoog geag word, dat selfs die koninklikes die Nephilim in hulle teelprogramme gebruik! Van hulle sê ons Verlosser dat hulle vervloektes is in Matt 25:41. “Dan sal Hy ook vir die aan Sy linkerhand sê: Gaan weg van my, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. En hulle sal weg gaan in die ewige straf ….. “.
            Ons het nou gesien op watter wyse en ten opsigte van wie, talente gebruik moet word.
Matt 25:14-30. “Want dit is soos ‘n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besittings toevertrou. En aan die een gee hy vyf talente en aan die ander twee en aan die ander een, aan elke een na sy vermoë; en hy het dadelik op reis gegaan. En die een wat die vyf talente ontvang het, het daarmee gaan werk en vyf ander talente gewin. Net so het die een wat die twee ontvang het, self ook twee ander verdien. Maar hy wat die een ontvang het, het in die grond gaan grawe en die geld van sy heer weggesteek. En na ‘n lang tyd het die heer van daardie diensknegte gekom en met hulle afgereken. En die een wat die vyf talente ontvang het, kom en bring vyf ander talente en sê: Meneer, vyf talente het U aan my toevertrou, hier het ek vyf ander talente daarby verdien. En sy heer sê vir hom: Mooi so goeie en getroue dienskneg oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer. En die een wat die twee talente ontvang het, kom ook en sê: Meneer, twee talente het u aan my toevertrou; hier het ek twee ander talente daarby verdien. Sy heer sê vir hom: Mooi so goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer. En die een wat die een ontvang het, kom ook en sê: Meneer, ek het u geken, dat u ‘n harde man is wat maai waar u nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar u nie uitgestrooi het nie; omdat ek bang was, het ek gegaan en u talent in die grond weggesteek. Hier het u wat aan u behoort. Maar sy heer antwoord en sê vir hom: Jou slegte en luie dienskneg, jy het geweet dat ek maai waar ek nie gesaai het nie, en bymekaarmaak waar ek nie uitgestrooi het nie. Daarom moes jy my geld by die wisselaars gestort het, en ek sou by my koms dit wat aan my behoort, met rente ontvang het. Neem dan die talent van hom weg en gee dit aan die een wat die tien talente het; want aan elkeen wat het sal gegee word en hy sal oorvloed hê; maar van hom wat nie het nie, van hom sal weggeneem word ook wat hy het. En werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis; daar sal geween wees en gekners van die tande.” 
            Wanneer ‘n persoon homself in ‘n grot gaan versteek, om weg te kom van ‘n bose wêreld af en dan sy siel probeer blink poets, met allerhande soort dogmas en reken God gaan hom prys omdat hy so ‘goed’ is, dan wag daar ‘n verskriklike ontnugtering op hom!!! Daardie ‘hoogheilige’ wil nie sy naaste by hom laat kom nie, want sy naaste sal hom besoedel. Die enigste diens wat hierdie een aan die Skepper kan lewer, is die barmhartigheid wat hy aan sy naaste kan bewys, maar as sy naaste te besoedel is om in sy nabyheid te kom, is sy kans op redding zero. Sy hel sal vermenigvuldig word met die hoeveelheid van sy talente!
            Daar is een baie belangrike saak wat nie uit die oog verloor moet word nie. Hierdie gelykenis verwys na die hiernamaals. Jy gaan sterf en as jy nie een ‘talent’ agterlaat wat jou plek kan vul nie, sal daar van jou gesê word: “Werp die nuttelose dienskneg uit in die buitenste duisternis”.
            Die dienskneg wat twee talente gewin het, het behalwe die een wat hom vervang het, nog een agter gelaat, so laat die dienskneg wat vyf verdien het, vier agter. Prysenswaardig!
            In die materiële samelewing waarin ons leef is daar mense met 5 talente, met 4 talente so ook 3, 2 en 1 talent, wat is die belangrikste, hoeveel talente jy het, of hoe jy dit gebruik? Gestel jy het 5 talente en jy beoefen ‘n sekere beroep, maar as gevolg van oorsake buite jou beheer, verval jou werksgeleentheid. Hoe gaan jy die probleem oplos, want jy het ‘n gesin om te onderhou! Soek jy nou ‘n betrekking waar jy al 5 jou talente kan benut? Nou vind jy dat daardie betrekkings gevul is met mense wat 2 of 1 talent het! Jy weet dat aanstellings nie gedoen word op grond van talente nie. Hoe gaan jy nou optree? Dit sal nie help om te sê: “Ek wil vergoeding hê wat pas by my bekwaamhede” nie, want jy gaan dit waarskynlik nie kry nie. Doen dus enige werk, maar doen dit op die beste wyse waartoe jou 5 talente in staat is. Iemand gaan dit raaksien en dan sal beter betrekkings daarop volg. Daar sal in die toekoms beter werksgeleenthede kom, want as daar voortgegaan word om van 1 of 2 talent mense gebruik te maak, in poste wat eintlik deur 5 talent mense beman behoort te word, is die skrif aan die muur. Dan sal jou geleentheid weer kom.

No comments:

Post a Comment