Instinktiewe
handeling
Dikwels
hoor ‘n mens dat iemand gedurende ‘n noodsituasie instinktief opgetree het. Wat
het op daardie oomblik gebeur?
Die mens het ‘n vrye
wil wat deur sy siel beheer word, maar die menslike siel en liggaam het ‘n
beperkte vermoë.
Die siel met beplanning en die liggaam met reaksie. Die Skepper van die
argiteksplan of orde, ken elkeen van die drie ordes in die heelal haarfyn, maar
Hy ken ook die vermoë van elke afsonderlike wese, wat in
elkeen van die ordes bestaan!
Van orde een [die
geestelike] weet ons maar weinig, want ons ken net ten dele en sal verder leer
wanneer ons daardie orde betree.
Van orde twee
kan ‘n oplettende mens baie leer, ook dat daar geen vrye wil bestaan nie. Alles
in hierdie ‘jy moet’ orde word beheer deur Elohim self deur middel van instink.
Wat gebeur in orde
drie? Dit is nou die orde vir die mense wat van ‘n vrye wil voorsien is.
Hierdie mense besluit self oor hulle optrede. Hulle kan hulle vermoë oorskat en
dan in ‘n noodsituasie beland, of hulle kan onverwags in ‘n eintlik
onhanteerbare situasie in loop. Wanneer die mens byvoorbeeld ‘n gevaar zone of
situasie nader, sal Elohim hom nie toegang belet nie, want sodoende sou Hy Sy
eie orde misken en jou van jou menswees ontneem. Hy kan iets laat gebeur, wat
sonder direkte beletsel, dit vir jou moeilik maak om voort te gaan, of Hy kan jou toelaat om voort te gaan, volgens jou
vrye wil, totdat jy in die noodsituasie beland en jou beplannende siel en
uitvoerende liggaam nie die vermoë het om die noodtoestand die hoof te bied
nie. Normaalweg sou die liggaam erg beseer word of selfs sterf, maar nou tree
Hy in en beskerm jou deur jou vermoëns blitssnel te aktiveer tot die vlak van
dit in die tweede orde. Jy word nie gedwing nie, maar jou optrede is versnel en
dit word gesien as en is werklik instinktiewe optrede. Jy oorleef as gevolg van
die “over ride” van normale derde orde reaksie. Dit gebeur onbewustelik, maar
is ‘n liefdesdaad deur ‘n alwyse Skepper.
No comments:
Post a Comment