Voorwoord

Voorwoord (Lees asb eers, indien dit u eerste keer by hierdie blog is, anders kan u gerus met die blad afrol ondertoe om by die blog uit te kom)

Daar het ‘n gedagte in my opgekom toe ek nog redelik jonk was, dat alles wat geskryf of gedruk is nie die volle waarheid is nie. Later het ek besef dat alles wat gelees kan word, bestaan uit kaf en korrels. Nog later het ek besef dat niks in die materie volmaak is nie, daarom kan geen geskrif net uit korrels bestaan nie. Die geskrifte wat jy voor jou het, liewe leser, moet asseblief op dieselfde grondslag beoordeel word. Ek vra jou nie om alles wat jy lees te aanvaar nie, maar soek die korrels volgens jou begrip en gewete uit.
Ongeveer halfpad deur my lewe het ‘n argument, in ‘n baie goeie gees met ‘n goeie vriend van my plaasgevind. Die vriend is ‘n seviele ingenieur en ons het gepraat oor ‘n ontwerp van ‘n staalbalk wat verkry kan word deur ‘n bestaande I balk tandvormig te sny en dan die “tande” op mekaar vas te sweis om ‘n groter balkdiepte en dus ‘n groter dravermoë te verkry.

Fig. 1
‘n Solide I balk word tandgewys gesny en dan word die twee helftes teenoor mekaar geskuif en weer aan mekaar gesweis om weer ‘n dieper I balk te vorm.
Fig. 2
Die vergrote I balk wat meer as 3 keer die dravermoë van die oorspronklike balk sal hê, sonder dat die gewig vermeerder.

Hierdie mag vir die leek ‘n bietjie te tegnies wees, maar wees egter geduldig, ek probeer die verskil in siening verduidelik.
My argument was dat sweislas S nie te kort mag wees nie, want dit sal tot gevolg hê dat die las gaan skuifskeur (shear). Hy het gesê daar is nie daardie soort spanning in die middel van ‘n balk nie. Eintlik was ek met my matriek ‘n bietjie vermetel om met ‘n ingenieur te stry oor iets in sy vakgebied. Ons verskil het gekom omdat ons die voorwerp verskillend gesien het. Hy het Fig. 2 as ‘n eenheid gesien, wat dit werklik was! Daarteenoor het ek dit as twee aparte balke gesien, omdat as sweislas S korter word, beweeg dit nader na 0, wanneer dit werklik twee balke is. Op een of ander lengte van die sweislas sou dit skuifskeur. Die ingenieur het later toegegee dat ek reg was, maar dit is nie van belang nie. Wat ek probeer tuisbring is dat verskillende mense op verskillende maniere na ‘n geskrewe stuk kyk en ek gaan geensins ‘n leser kwalik neem indien hy of sy van my verskil nie.
Dat ek met die geskrifte op mense se tone gaan trap is onvermydelik, maar as dit nie die geval was nie; waarom skryf ek dan? Indien die leser net ‘n paar “korrels” ontdek, is ek verheug en weet ek dat dit die moeite werd was. Sien tog maar die teenstrydighede oor, soos wanneer ek bv. snedigheid veroordeel terwyl ek self dikwels snedige dinge skryf. Ek self is baie ver van volmaak af, sien tog maar die foute oor.
Ook is ek nie ‘n taalkundige nie en daar is beslis baie ruimte vir verbetering, om vloeiende leesgemak te verseker, maar ek vra tog dat verandering versigtig gedoen moet word, aangesien ‘n woord verandering ‘n bedoelde begrip verlore kan laat raak.

Thursday, February 11, 2016

Prag en praal van kerkgeboue



Prag en praal van kerkgeboue.
                       
            Wanneer na kerke, katedrale, moskees ens. gekyk word, is daar heelwat opvallende dinge. Eerstens is dit baie duidelik dat in sommige gevalle, geen koste in ag geneem is met die oprigting van die geboue nie! Die vraag is nou of dit werklik nodig is. Wat is die motief agter die uitspattigheid? Doen die besluitnemers dit om die een wat hulle aanbid te beïndruk? Sal die een wie hulle probeer beïndruk dit op prys stel? Dit hang af wie hulle aanbid! JaHshua het herhaaldelik gesê dat Hy uiterlike vertoon verafsku; tog word katedrale opgerig wat die asem wegslaan! Daar is miljoene mense wat versorging benodig; wat selfs sterf van die honger, dan word daar R biljoene aan kerkgeboue gespandeer! Wanneer in ag geneem word met watter doel die diakenamp ingestel was, wil dit voorkom asof die kerk van die hongerlydendes steel om die uitspattige geboue mee op te rig! Waar kom die geld vandaan waarmee kerkgeboue opgerig word? Gewoonlik is dit bydraes van die gemeentes se lidmate, wat deur die diakens gekollekteer word. Met die aanstelling van diakens word hulle pligte ook baie duidelik in die bybel beskryf, naamlik om die weduwees en wese te versorg. Liefdadigheidswerk was hoofsaak, maar die bedrag wat deesdae tot die welsynswerker se beskikking gestel word, is geheel en al ontoereikend. Jare gelede was ek as leier diaken nie net betrokke by die insameling van dankoffer nie, maar as lid van die C.M.R. van die Ring, was ek ook betrokke by die aanwending van die inkomste. My beswaar teen die destydse aanwending van die inkomste vir onnodige doeleindes, het op dowe ore geval. Dit is logies dat predikante en ander werknemers van die gemeentes, vergoed moet word en dat vir die luisteraars onderdak verskaf moet word, maar prag en praal is onnodig!
            Wanneer ‘n mens kyk na sommige katedrale in Europa, staan jy eenvoudig verstom oor die prag en praal, van sogenaamde Christen-kerke se swier! Het hulle nog nooit gelees dat Christus gesê het; dat “Hy nie gevind sal word in klipgeboue wat deur mensehande opgerig is nie”. Die vertoon is baie nou verbind met hoogmoed, of dit die gebou of die kleredrag is, dit maak geen verskil nie. Hoogmoed is ‘n slot wat voor die ‘Nou Poort’ hang, of jy ‘n lidmaat of ‘n ampsdraer is, die slot sal daar wees!
             
              

No comments:

Post a Comment