Voorwoord

Voorwoord (Lees asb eers, indien dit u eerste keer by hierdie blog is, anders kan u gerus met die blad afrol ondertoe om by die blog uit te kom)

Daar het ‘n gedagte in my opgekom toe ek nog redelik jonk was, dat alles wat geskryf of gedruk is nie die volle waarheid is nie. Later het ek besef dat alles wat gelees kan word, bestaan uit kaf en korrels. Nog later het ek besef dat niks in die materie volmaak is nie, daarom kan geen geskrif net uit korrels bestaan nie. Die geskrifte wat jy voor jou het, liewe leser, moet asseblief op dieselfde grondslag beoordeel word. Ek vra jou nie om alles wat jy lees te aanvaar nie, maar soek die korrels volgens jou begrip en gewete uit.
Ongeveer halfpad deur my lewe het ‘n argument, in ‘n baie goeie gees met ‘n goeie vriend van my plaasgevind. Die vriend is ‘n seviele ingenieur en ons het gepraat oor ‘n ontwerp van ‘n staalbalk wat verkry kan word deur ‘n bestaande I balk tandvormig te sny en dan die “tande” op mekaar vas te sweis om ‘n groter balkdiepte en dus ‘n groter dravermoë te verkry.

Fig. 1
‘n Solide I balk word tandgewys gesny en dan word die twee helftes teenoor mekaar geskuif en weer aan mekaar gesweis om weer ‘n dieper I balk te vorm.
Fig. 2
Die vergrote I balk wat meer as 3 keer die dravermoë van die oorspronklike balk sal hê, sonder dat die gewig vermeerder.

Hierdie mag vir die leek ‘n bietjie te tegnies wees, maar wees egter geduldig, ek probeer die verskil in siening verduidelik.
My argument was dat sweislas S nie te kort mag wees nie, want dit sal tot gevolg hê dat die las gaan skuifskeur (shear). Hy het gesê daar is nie daardie soort spanning in die middel van ‘n balk nie. Eintlik was ek met my matriek ‘n bietjie vermetel om met ‘n ingenieur te stry oor iets in sy vakgebied. Ons verskil het gekom omdat ons die voorwerp verskillend gesien het. Hy het Fig. 2 as ‘n eenheid gesien, wat dit werklik was! Daarteenoor het ek dit as twee aparte balke gesien, omdat as sweislas S korter word, beweeg dit nader na 0, wanneer dit werklik twee balke is. Op een of ander lengte van die sweislas sou dit skuifskeur. Die ingenieur het later toegegee dat ek reg was, maar dit is nie van belang nie. Wat ek probeer tuisbring is dat verskillende mense op verskillende maniere na ‘n geskrewe stuk kyk en ek gaan geensins ‘n leser kwalik neem indien hy of sy van my verskil nie.
Dat ek met die geskrifte op mense se tone gaan trap is onvermydelik, maar as dit nie die geval was nie; waarom skryf ek dan? Indien die leser net ‘n paar “korrels” ontdek, is ek verheug en weet ek dat dit die moeite werd was. Sien tog maar die teenstrydighede oor, soos wanneer ek bv. snedigheid veroordeel terwyl ek self dikwels snedige dinge skryf. Ek self is baie ver van volmaak af, sien tog maar die foute oor.
Ook is ek nie ‘n taalkundige nie en daar is beslis baie ruimte vir verbetering, om vloeiende leesgemak te verseker, maar ek vra tog dat verandering versigtig gedoen moet word, aangesien ‘n woord verandering ‘n bedoelde begrip verlore kan laat raak.

Thursday, February 11, 2016

Wat onthou 'n mens die beste?



Wat onthou 'n mens die beste?

            Dit waarin 'n mens belangstel onthou jy gewoonlik beter as die dinge waarin jy minder belangstel; dit bepaal die rigting waarin jy sal spesialiseer.
            Daar is ook 'n ander rede waarom jy sekere dinge beter onthou as ander: Dit gaan oor hoe 'n gebeurtenis jou raak; watter emosies dit in jou opwek. Die graad van onthou bepaal jou gesindheid. Onthou jy die onreg, wat jou naaste aan jou gedoen het, beter as wat jy die onreg onthou wat jy aan jou naaste gedoen het? Is die onreg wat jou naaste aan jou gedoen het, volgens jou oordeel, altyd erger as dit wat jy aan hom gedoen het? Dink jy jou oordeel is die beste?
            Sekere mense onthou tien onregte aan hulle gedoen en slegs een of niks wat hulle aan 'n ander gedoen het. Die graad van elke soort onthou word bepaal deur die graad van eie liefde van 'n mens.
            Watter emosies word by jou opgewek wanneer jy onthou van die onreg aan jou gedoen? Is dit 'n gevoel van wrewel, selfs haat wat roep om wraak? Dan sal die geheue waarskynlik met elke ‘onthou’ sterker word; selfs bevoeg by die onreg! In werklikheid sal jy jou gesindheid in oënskou moet neem om verkeerde optrede te voorkom. Waarskynlik sal jy nie onthou van die klomp keer wat jy onregte aan jou naaste gedoen het nie, want dit raak jou nie.
            Wat voel die ander persoon, wat in die orde is waar hulle vir mekaar lewe? Die onreg aan hom gedoen, is nie in sy geheue ingebrand nie, want hy kon vergewe en vergeet. Die onreg wat hy sy naaste aangedoen het, was in sy geheue ingebrand en wanneer hy daaraan gedink het, het ‘n rilling van berou deur hom gegaan, sodat hy om vergifnis gaan vra het.
            Die twee gesindhede staan direk teenoor mekaar. Mense met die twee verskillende gesindhede verstaan nie hoe die ander se kop werk nie. Mense met wraaksugtige geaardhede, beskou die vergewensgesinde persoon as 'n swakkeling, omdat hulle nie besef met hoeveel innerlike krag die vergewensgesinde bedeel is nie.
            Wat gebeur indien almal wraaksugtig is? Miskien help die volgende verhaal om die antwoord te kry: Die pikanien wat sy pa se beeste oppas speel so lekker langs die rivier, dat hy nie merk dat hulle beeste in die buurstam se mielieland wei nie. 'n Groter klong van die buurstam sien die beeste in die land en gaan gee die pikanien 'n deeglike oorveeg, waarna die pikanien by sy groot broer gaan kla. Die groot broer vat sy knopkierie en gaan gee sy kleinboet se aanrander 'n harde hou op sy kop. Dié hardloop bloeiend na sy mense en toe hulle sy verhaal hoor, gryp twee van hulle spiese en gaan deurboor die knopkierieslaner. Die pikanien se stam stuur tien krygers om die moord op een van hulle mense te gaan wreek, wat hulle toe ook doen. Die moord op die twee word gewreek en toe word honderd krygers gestuur om wraak te neem op die tien moordenaars. Nou is dit stamoorlog! Toe gee die wit mense vir almal AK 47 gewere en nou is die hel behoorlik los! Het ek nou deurmekaar geraak tussen die haatdraende klomp? Ek dink hulle het ook!

            Sien BD 2810 “Die demoon van haat vergiftig die hele wêreld. En die mense maak hulself afhanklik van hom. Haat verwoes egter, terwyl die liefde opbou en die werk van verwoesting sal op aarde ‘n steeds groter omvang aanneem, hoe meer die demoon van haat homself onder die mensdom uitleef.”

            Die optrede van wraaksugtige mense is baie ooglopend, daarom is dit moontlik om die karakter eienskap met sekere volkere te verbind. Ons praat nie van hierdie dinge omdat ons nie van sekere mense hou nie; geensins nie! Wat ons sê is slegs; let op, want die wraaksugtiges wys hulle kleure deur hulle optrede. Dit geld nie slegs volkere nie, maar ook geloofsgroepe, Sê egter iets daaroor, dan word jy ‘n teiken vir die wraaksugtiges! Is dit so moeilik om van slegte gewoontes ontslae te raak, of is dit gene waarvan nie ontslae geraak kan word nie?

No comments:

Post a Comment