Afgode.
Weet ons werklik wat
afgode is? Sien ons dit in die vorm van ‘n beeld wat uit hout, klip of selfs goud
vervaardig is, waarvoor mense neerbuig en dit aanbid? Is die simbole van die
afgodsdiens van lank gelede, nie vir ons herkenbaar nie sodat dit selfs nou nog
in ons huise van aanbidding gebruik word? Is daardie simbole verskuil agter
onkunde, of onverskilligheid? Het die eeue oue gebruik van die simbole nou al
tradisie geword?
Vanoggend het ‘n
predikant ‘n baie interessante preek oor die radio bedien, waarin hy kommentaar
gelewer het op ‘n brief wat ‘n leser aan ‘n tydskrif gerig het. Ek kan nie nou
volle besonderhede herhaal nie, maar dit kom daarop neer dat die briefskrywer
‘n probleem ondervind het met die voorskrif van die bybel t.o.v. voor huwelikse
seks. Uiteindelik het hy sy eie idee oor die onderwerp aanvaar, wat hom
sogenaamd ‘vry’ gemaak het van die gebondenheid van die bybelse voorskrif. Hy
het vir homself ‘n god geskep wat hom sal toelaat om toe te gee aan sy seksuele
drange. Sy optrede is deur die predikant as afgodery bestempel, waarmee ek 100%
saamstem!
Hierdie preek het my
nou weer laat dink aan iets wat my vanaf 1980 baie gehinder het.
Die kerk waarvan ek lidmaat was en waar ek ook as ouderling gedien
het, het ‘n eienaardige verandering ondergaan! Sekere optredes van die mens,
wat in die verlede as sonde uitgewys was, was skielik nie meer sonde nie;
hoewel die bybel dit steeds as sonde beskryf het. Die ergste was, dat
onderhouding van sekere van die bybel se wette, toe deur die kerk as sonde
bestempel was en hulle hou tot vandag (2015) vol met hulle veragting van die
wette van JaHWeH. Later het dit duidelik geword dat die leiers in die kerk ‘polities
korrek’ wou optree, al sou dit beteken dat die opdragte van ons hemelse Vader
verag moes word! Soos die briefskrywer aan die tydskrif, het die kerkleiers ook
hulle eie afgod geskep! ‘n Politieke god! Waarom? Om onder andere nuwe lidmate
te werf en sodoende nog ‘n wet te oortree!
Hulle het egter een
flater begaan; en dit was om die meer behoudende lidmate van die kerk te
vervreem, sodat dié in redelike groot getalle die kerk verlaat het! Die
lidmate wat getrou aan die Skepper van hemel en aarde gebly het, het die kerk
verlaat! Wie het oorgebly? Was dit dié wat die die predikant aanbid het, of
dié
wat so min belangstelling gehad het dat hulle nie die verskil tussen die Woord
en die prediking bemerk het nie? Tog was daar tussen die oorblywendes meer en
meer wat gaandeweg die verskil bemerk het en toe was die enigste oplossing vir
die probleem, wat die predikante kon uitdink, om die bybel te verander, want
die predikers was nie bereid om van hulle afgodsdiens af te sien nie. Die
verminkte 1983 vertaling is so opgehemel, dat die meeste oorblywende
gemeentelede dit aanvaar het. Hulle het blykbaar nognie gelees wat sal gebeur
met diegene wat die woorde van die bybel verander nie! Daar is egter nie veel
verskil tussen die vertalers en die wat die besoedelde bybel aanvaar nie!
N.S. Blykbaar is daar
al weer ‘n nuwe bybel in wording, of teen die tyd al voltooi. Is dit om die
onsinnighede van die vorige vertaling minder onsinnig te laat klink, hoewel dit
net op ‘n ander wyse verdoesel sal word?
No comments:
Post a Comment