Droefheid oor die oorledenes
Bertha Dudde. 1402
“Julle moet besorg wees oor die oorlewendes, maar nie treur oor diegene
wat JaHshua tot Hom roep as die tyd gekom het nie. En dus sal julle julleself
moet voeg volgens Goddelike Wil en troos soek by JaHshua. Want God is Liefde.
Hy stuur julle geen kommer en droefheid, sodat julle sal ly nie, maar terwille
van julle siel wat deur leed volmaak moet word.
En
as julle ‘n mens verloor wat vir julle lief en dierbaar was, sal julle smart
verminder word as julle dink aan die lyding en sterwe van JaHshua aan die
kruis. Ook julle neem die leed op julle skouers as julle dit dra vir JaHshua.
En
terwille van die mensdom verdra JaHshua die leed, maar julle dra dit vir
diegene na wie julle liefde uitgaan as julle dit berustend en terwille van
JaHshua dra.
Kla
daarom nie en roep die siel nie terug na die aarde, as hy die aardse dal
verlaat het nie, want vir hom het die uur van vryheid geslaan en al die las van
die aardse bestaan, het van hom afgeval. En dit moet julle troos wees, dat die
Liefde van God oneindig is, dat hierdie Liefde van Hom die lewe beëindig as die tyd gekom het, daar Hy
hom tot Hom roep in Sy Ryk.
Die
weg op aarde was nie maklik nie en noudat die siele hulle losmaak van die
aarde, moet julle nie droewig wees nie, want hulle verwissel die aardse lewe
vir ‘n lewe vol van vrede in die ewigheid.”
Die geskrewe gedeelte
hierbo maak my huiwerig om enigiets by te voeg, maar dit moet aanvaar word dat
dit gerig is aan die kinders van JaHWeH Elohim. Wanneer ons die Bybel lees is
dit duidelik dat elkeen wat berou het oor gedane misstappe, dit volledig
vergewe is deur die bloed van ons Verlosser. Die vraag is nou: Wat van die wat
nie die geleentheid, of die wil gehad het om vergifnis te vra voor afsterwe
nie? Ons hemelse Vader het ‘n ewigheid se geduld met sondaars uit Sy volk, want
Sy volk is uit Hom en moet na Hom terugkeer.
Die oomblik na die
dood is vir sommige mense ‘n verskrikking, vir ander is dit iets om vol
verwagting na uit te sien en vir ‘n ander groep is dit onbelangrik, want hulle
glo nie aan enige voortbestaan na die dood nie. Kom ons laat reïnkarnasie
van ‘n ander geloofsgroep eers buite rekening. Om sekere geloofsgroepe aan
sekere denkrigtings te koppel, is nie die doel van die skrywe nie.
Die groep wie se
emosie wissel tussen onrustigheid en verskrikking, is bewus van die sondes in
hulle lewens en hulle glo tog dat hulle of hel toe of hemel toe sal gaan;
vanwaar die begrip weet ek nie, want ‘n deeglike studie van die Bybel bewys die
denkrigting onjuis.
Die tweede groep sien
vol verwagting uit na die heerlike ontvangs wat hulle by die hemelpoort gaan
inwag, en tog sê die Bybel dat niks onrein deur die hemelpoort kan gaan
nie. Hierdie begrip is baie populêr, want wie sal nie uitsien na ‘n
ewigheid van heerlike lewe in die hemel nie? Die kerke wat hierdie boodskap
verkondig, loop gewoonlik oor van lidmate, maar dit gee ook soms aanleiding tot
selfmoord wanneer iemand baie swaar kry in hierdie lewe. Kom ons kyk wat het
Jesus gesê
vir sondaars.
Voeg hier in
Openb.
21:27. “En daarin sal nie inkom iets wat
verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie; maar net die wat geskrywe is
in die boek van die lewe van die Lam”. Nou sê die prediker: “Daar staan dit mos geskrywe dat
almal gered is deur die bloed van die Lam!” Dink jy werklik dat Jesus ‘n klomp
sonde plegende mense saam met Hom deur die poorte van die hemel sal sleep? Gaan
lees maar weer wat Hy gesê
het aan die sondaars vir wie Hy vergewe het en onthou dat Hy en die Vader Een
is.
No comments:
Post a Comment