Voorwoord

Voorwoord (Lees asb eers, indien dit u eerste keer by hierdie blog is, anders kan u gerus met die blad afrol ondertoe om by die blog uit te kom)

Daar het ‘n gedagte in my opgekom toe ek nog redelik jonk was, dat alles wat geskryf of gedruk is nie die volle waarheid is nie. Later het ek besef dat alles wat gelees kan word, bestaan uit kaf en korrels. Nog later het ek besef dat niks in die materie volmaak is nie, daarom kan geen geskrif net uit korrels bestaan nie. Die geskrifte wat jy voor jou het, liewe leser, moet asseblief op dieselfde grondslag beoordeel word. Ek vra jou nie om alles wat jy lees te aanvaar nie, maar soek die korrels volgens jou begrip en gewete uit.
Ongeveer halfpad deur my lewe het ‘n argument, in ‘n baie goeie gees met ‘n goeie vriend van my plaasgevind. Die vriend is ‘n seviele ingenieur en ons het gepraat oor ‘n ontwerp van ‘n staalbalk wat verkry kan word deur ‘n bestaande I balk tandvormig te sny en dan die “tande” op mekaar vas te sweis om ‘n groter balkdiepte en dus ‘n groter dravermoë te verkry.

Fig. 1
‘n Solide I balk word tandgewys gesny en dan word die twee helftes teenoor mekaar geskuif en weer aan mekaar gesweis om weer ‘n dieper I balk te vorm.
Fig. 2
Die vergrote I balk wat meer as 3 keer die dravermoë van die oorspronklike balk sal hê, sonder dat die gewig vermeerder.

Hierdie mag vir die leek ‘n bietjie te tegnies wees, maar wees egter geduldig, ek probeer die verskil in siening verduidelik.
My argument was dat sweislas S nie te kort mag wees nie, want dit sal tot gevolg hê dat die las gaan skuifskeur (shear). Hy het gesê daar is nie daardie soort spanning in die middel van ‘n balk nie. Eintlik was ek met my matriek ‘n bietjie vermetel om met ‘n ingenieur te stry oor iets in sy vakgebied. Ons verskil het gekom omdat ons die voorwerp verskillend gesien het. Hy het Fig. 2 as ‘n eenheid gesien, wat dit werklik was! Daarteenoor het ek dit as twee aparte balke gesien, omdat as sweislas S korter word, beweeg dit nader na 0, wanneer dit werklik twee balke is. Op een of ander lengte van die sweislas sou dit skuifskeur. Die ingenieur het later toegegee dat ek reg was, maar dit is nie van belang nie. Wat ek probeer tuisbring is dat verskillende mense op verskillende maniere na ‘n geskrewe stuk kyk en ek gaan geensins ‘n leser kwalik neem indien hy of sy van my verskil nie.
Dat ek met die geskrifte op mense se tone gaan trap is onvermydelik, maar as dit nie die geval was nie; waarom skryf ek dan? Indien die leser net ‘n paar “korrels” ontdek, is ek verheug en weet ek dat dit die moeite werd was. Sien tog maar die teenstrydighede oor, soos wanneer ek bv. snedigheid veroordeel terwyl ek self dikwels snedige dinge skryf. Ek self is baie ver van volmaak af, sien tog maar die foute oor.
Ook is ek nie ‘n taalkundige nie en daar is beslis baie ruimte vir verbetering, om vloeiende leesgemak te verseker, maar ek vra tog dat verandering versigtig gedoen moet word, aangesien ‘n woord verandering ‘n bedoelde begrip verlore kan laat raak.

Thursday, February 11, 2016

Tuinier of Slaaf



Tuinier of Slaaf? 

            Baie jare gelede het die Boer ‘n plaas gekoop. Hy het besluit om ‘n vrugteboord te vestig en die terrein skoon en gelyk gemaak, voordat hy die vrugtebome in netjiese rye geplant het. Na verloop van ‘n paar jaar kon hy die eerste vrugte geniet!
            Na nog ‘n paar jaar het hy bemerk dat daar ‘n klompie Muisvoëls van die ryp vrugte gevreet het, maar daar was nog meer as genoeg oor vir hom om van te lewe. Die vlytige Tuinier het sy vrugteboord bemes, besproei en die onkruid uitgeskoffel en die boord het pragtige vrugte voorsien. Na nog ‘n klompie jare bemerk hy dat die Muisvoëls verdwyn het, maar dat die tuin ingeneem is deur ‘n groot swerm voëls wat verskriklik raas. Of die lawaai wat die nuwe aankomelinge gemaak het, die muisvoëls verjaag het, kon die Tuinier nie dadelik vasstel nie! Hy het die boek ‘Voëls van Suider Afrika’ geraadpleeg en volgens die beskrywing gevind dat die nuwelinge Boskrappers [Phyllastrephus terrestris] genoem word. Volgens die beskrywing in die handboek, sal hulle wanneer hulle kos soek, in lawaaierige swerms op die woudvloer rondskuifel en blaarafval met hulle pote en snawels omkeer. Hulle habitat is digte doringveld en immergroen rivierwoude. Wanneer ons na die kaart kyk, wat hulle habitat aandui, merk ons dat dit Mosambiek, Zimbabwe, Kwazulu-Natal en ook die Ooskaap insluit. Die res van Suider Afrika is nie deel van hulle habitat nie.
            Twee jaar later is ons Tuinier besig om sy tuin te bewerk. Vir ‘n jaar lank het hy die nuwe voëls dopgehou en hulle gewoontes goed leer ken. Wanneer hy die dammetjie rondom een boom met water gevul het, het hulle net gewag tot hy met die volgende dammetjie besig was, dan het hulle by die vorige dammetjie gaan water drink en in die water gebad. Mettertyd kon hy hulle taal en hulle lyftaal redelik goed verstaan. Daardie tyd reeds was hy bekommerd oor hulle vraatsugtige vreetgewoontes!
            Nou is hy besig om onder die bome te skoffel en hy luister na die amper oorverdowende lawaai in die bome. Hy weet waaroor die lawaai gaan. Hulle sit tussen die blare van die bome wat hy geplant het en vervloek hom omdat hy hulle steur, terwyl hulle van die vrugte wil vreet. Die voorman, of sal ons sê die voorvoël het die grootste bek en vra vir die Tuinier: “Wat soek jy hier in ons tuin?” Die Tuinier vra vir die grootbek Boskrapper: “Hoe kan jy sê dit is julle tuin, want ek het die grond gekoop en die tuin aangelê?” Die Boskrapper sê: “Jy het die grond van ons gesteel! K.k.k. lag hy uit volle bors!”. Die Tuinier sê: “Dit lieg jy, want ek was voor jou op hierdie plaas!”. Die Boskrapper sê: “Jy moes nooit jou voete op die plaas gesit het nie”. Nou spring die hele swerm al kwetterend van een tak na die ander, sodat van die blare afval! Terwyl die swerm so raas merk die Tuinier dat die grootbek voorvoël weggevlieg het. Sou dit wees omdat hy nie ‘n antwoord op die Tuinier se beskuldiging het nie? ‘n Ander een haal weer die argument van die voorvoël op, dat hulle eiendomsreg op al die plase het. Die Tuinier wonder: “As die argument van die Boskrappers aanvaar moet word, wat dan van die Muisvoëls, want hy het hulle oor die hele land aangetref, maar wat sou al twee die voëlsoorte gevreet het voordat die Tuinier die bome geplant het?” Toe die argument aan die gang was, was daar nog niemand om die saak van die verjaagde Muisvoëls te stel nie! Die Tuinier besluit om nie verder oor grondbesit met die sotte te redeneer nie, want hy het nie ‘n manier gehad om van hulle ontslae te raak nie.
            Terwyl hy vanoggend maar weer besig was om te skoffel, vlieg ‘n groot klomp geel en swart Torre hot en haar tussen die vrugtebome deur. Hulle moedelose rondvlieëry het sy simpatie gewek, tot so ‘n mate dat hy hulle kon verstaan. Hulle ontsteltenis was die vraatsug van die Boskrappers, wat die nog onryp vrugte voortydig tot op die pit kaal vreet! Dis egter nie al probleem nie! Die Torre, wat geweet het wanneer die vrugte ryp is, het eintlik te laat by die boord opgedaag en die enkele krummels wat die vrate agterlaat, was gladnie so smaaklik ryp soos dit wat die Muisvoëls voorheen met hulle gedeel het nie!
            Die torre wat nou ook bygekom het, het die tuinier laat dink: Hoe is dit dat die Boskrappers, wat eintlik buitelanders is, sy grond wat hy gekoop het en die hele vrugteboord, wat hy geplant het kleim? Na regte was die Muisvoëls nog voor die Boskrappers in die boord en gestel hulle kleim nou ook die vrugteboord? Of is hulle te bang dat dit sal uitloop op konfrontasie met die agresiewe Boskrappers, wat bowendien baie meer as hulle is? En nou die Torre! Gaan hulle die grond kleim en sommer die vrugteboord ook! Gaan hulle argumenteer dat hulle in die grond geskuil het toe die tuinier die grond gekoop het?
            Dis tog eienaardig hoe eetgewoontes kan verander! Wat het die klomp wat so eise stel, geëet toe daar geen vrugteboord was nie? Wat het die Boskrappers gesoek om te eet, toe hulle tussen die blare op die grond in die woude geskrop het? Wat het die Muisvoëls geëet toe hulle gedurende ‘n lang tydperk oor die lengte en die breedte van die land beweeg het, toe daar nog geen vrugteboorde was nie? Wat het die Torre geëet voordat daar vrugteboorde was?
            Kom ons kyk eers na die Boskrappers. Hulle was gewoond daaraan om te leef in  gebiede met volop water en bosse. Voedsel het hulle tussen die blare gekry en drink- en badwater was volop. Waarom het sommige van hulle verskuif na ‘n gebied met min natuurlike oop waterbronne? En dan was daar ook nie woude met blaarbedekking op die grond nie! Indien hulle hul woongebied wou vergroot kon hulle dit slegs langs bestaande spruite en riviere doen, want daar was nie verder water nie! Ag en die voedsel was maar skaars! Hoe het dit gebeur dat hulle op dié paradys afgekom het? Wat ‘n geluk! Hulle moes wel aanpas wat hulle eetgewoontes betref, maar selfs dit wat hulle nou as voedsel het, is spanne beter as dit waaraan hulle gewoond was! Water word vir hulle in gerieflike dammetjies voorsien deur die gehate Tuinier! Wanneer die Tuinier nie in die tuin is nie, geniet hulle die volop voedsel voorraad en hulle weet dat water weer beskikbaar sal wees. As die Tuinier nie sorg vir dit nie, sal hulle so ‘n lawaai opskop totdat hy weer water sal voorsien!
            Die Tuinier besef dat die toekoms duister is, maar daar is tog nog ‘n klein gedeelte van sy tuin wat nognie deur die Boskrappers vernietig is nie. Dit is die paar kweperbome wat later eers ryp vrugte sal dra en omdat kwepers sy geliefkoosde vrugte is, besluit hy om die bome te beskerm deur dit met skadunet te bedek.
            Aangesien die Tuinier afhanklik is van die opbrengs van sy vrugteboord en daar is as gevolg van die vernielsug van die Boskrappers byna niks meer oor nie, besluit hy om tog maar die kweperbome te versorg en daarvan te leef; al sou dit ‘n armoedige bestaan beteken! Hy laat vaar die versorging van die res van die vrugteboord. Die leier van die Boskrappers vertel vir die res van die swerm dat hulle niks te vrese het nie, maar toe baie van hulle reeds van honger en dors gevrek het, gaan soek hulle na ‘n ander vrugteboord, maar kon dit nie vind nie, want Europa was te ver om te bereik!

            Die Boer was ‘n onafhanklike Tuinier, maar het ‘n Slaaf geword wat geweet het dat hy in die toekoms weer ‘n pragtige tuin sal bewoon!

           
           

Bid vir reën



Bid vir reën. 

            Vroeg in die jare 60 van die vorige eeu, het die kerkraad besluit om ‘n biddag vir reën te hou, want dit was baie droog. ‘n Datum is bepaal en die gemeente het in die kerk vergader, en heelwat gebede is gedoen. Wat ek goed kan onthou, is hoe warm dit was toe ons die kerkgebou betree het. Na die biduur het ons die gebou verlaat in gietende reën, sonder enige hael ! Ek het vas geglo dat ons gebede genadiglik deur ons hemelse Vader verhoor was en sonder twyfel was die ander lede van die gemeente ook daarvan oortuig!
            Nou, 54 jaar later, word hierdie land deur ‘n baie ernstige droogte geteister, sodat duisende diere vrek van honger en dors. Volgens die nuusberigte is die landswye biddag vir reën binne ‘n dag gevolg deur haelbuie wat verwoesting gesaai het oor ‘n groot gebied! Die werklike reën wat geval het was verstommend min!
            Vanoggend het ek na ‘n preek oor die radio geluister. Die onderwerp was “God sal voorsien” en die luisteraars moet net met vertroue die voorsiening afwag. Die prediker lê baie klem op die byna bomenslike vertroue wat Abraham aan die dag gelê het toe die opdrag was dat hy sy seun moes gaan offer! En toe die wonderbaarlike voorsiening!
            Toe die gemeente 54 jaar gelede, in verootmoediging gesmeek het om reën, was die gebede in minder as een uur verhoor! Die huidige biddag is gesamentlik deur amper al die verskillende geloofsgroepe oor die hele land gedoen; en die gevolge? Daar sal seker mense wees wat die fout by ons hemelse Vader gaan soek, maar Hy het met die verloop van biljoene jare nie verander nie. Kom ons soek die probleem eerder by die bidders!
            Die gebede van 54 jaar gelede, is gedoen deur mense wat nog die wette van JaHWeH aanvaar het en min of meer daarvolgens geleef het, maar die bidders van 2015 doen dit in kerke waar die wette van JaHWeH verag word omdat dit dan kwansuis nie meer aanvaarbaar is nie; die rede? Want poletieke ‘korrektheid’ is nou belangriker as die Wet van ons Skepper!
            Kom ons keer terug na die preek wat na Abraham verwys het. Hoe op aarde die prediker ‘n vergelyking kan tref tussen Abraham en die luisteraar van vandag, is nie sinvol nie, omdat die hedendaagse mens die optrede nie sal verstaan nie. Die probleem is die onkunde oor die lewe van Abraham, nie net die luisteraars is onkundig nie, maar ook die prediker!
            In Gen. 11:26 lees ons vir die eerste keer van Abram [later genoem Abraham]. Ons lees wel dat hy in die land Ur van die Chaldeërs gebore is, maar dan word daar verwys na sy troue. Die uiters belangrike geskiedenis tussen sy geboorte en sy troue word nie beskryf nie! [Daardie boeke is doelbewus uit die bybel verwyder] Kortliks gaan ek hoogtepunte aanhaal.
            Die Boekrol van die Opregte. Die 8ste hoofstuk. Gedurende die nag van Abram se geboorte sien die sterrewiggelaars en toordokters van koning Nimrod, dat Abram in die toekoms ‘n bedreiging vir sy heerskappy sal inhou. Tera, die vader van Abram, word beveel om sy kind na die koning te bring, sodat hy hom om die lewe kan bring. Tera neem een van sy diensmaagde se pasgebore baba na die koning, wat hom toe vermoor, omdat hy gedink het dat die kind Abram was. “En JaHWeH was by Tera in hierdie saak, dat Nimrod nie vir Abram sou doodmaak nie ….”. “En Tera het Abram, sy seun, in die geheim geneem, tesame met sy moeder en kinderoppasser, en hy het hulle in ‘n grot versteek, en hy het maandeliks vir hulle kosvoorraad gebring. En JaHWeH was met Abram in die grot en hy het grootgeword. Abram was tien jaar in die grot …..”. Van selfsprekend sou Abram sy geskiedenis verneem het en hy sou besef het dat JaHWeH hom tweekeer van die dood gered het.
            Na sy verblyf in die grot het Abram na Noag en sy seun, Sem, toe gegaan, en hy het by hulle gebly om die onderrigting van JaHWeH en Sy Weë te leer. “Abram  was in Noag se huis nege-en-dertig jaar, en Abram het JaHWeH geken van sy derde jaar af en hy het in die Weë van JaHWeH gewandel tot en met die dag van sy dood, ….”
            Tera was ‘n hoë amptenaar van die koning en het net soos die koning afgode van hout en klip aanbid. [Vandag is die kerkleiers ook meer bekommerd oor wat die regeerders wil as wat JaHWeH wil] Toe Abram na sy verblyf by Noag, terugkeer na sy ouerhuis, en hy vind dat sy vader afgode van hout en klip aanbid, het hy ‘n byl geneem en die afgode stukkend gekap. Tera was woedend en het Abram by die koning verkla. Abram is in ‘n vuuroond gegooi. “JaHWeH het Abram liefgehad en Hy het Medelye met hom gehad en JaHWeH het neergedaal en Hy het Abram uit die vuur gered en hy was nie verbrand nie”.
            Waarom sê ons dat gewone mense nie met Abraham vergelyk kan word nie? In die eerste plek het die ‘gewone’ mense die begrip van gehoorsaamheid verloor, of dit nog nooit geleer nie! Abraham was bereid om sy eie lewe herhaaldelik te offer vir sy Skepper, daarom het hy geglo dat ‘n brandoffer voorsien sal word. Daar was ‘n baie sterk band van liefde tussen hom en JaHWeH! Kan ‘n mens gebedsverhoring verwag wanneer die gebede kom vanuit ‘n gebou waar van die Wette van JaHWeH in die asblik gegooi is? ‘n Ander prediker het gesê dat die vurige gebed van ‘n gelowige baie krag het. Natuurlik is dit so, ons moet net oppas dat die graad van vurigheid nie bepaal word deur die hoeveelheid geld wat betrokke is nie!


           
           
                       
                                                                                                                       



Vrye Wil



Vrye Wil.

            Hoe belangrik ag die gemiddelde mens die twee kort woordjies? Dink ons ooit daaraan dat as dit nie bestaan het nie, ons as mense ook nie sou bestaan het nie? Daardie gawe is die grootste geskenk wat die mens ooit ontvang het, want sonder dit sou ons op presies dieselfde vlak as diere gewees het! Alles wat ons doen sou instinktief wees. Daar is mense wat reken dat  Elohim tog Sy almag behoort te gebruik om te verhoed dat mense hulle vrye wil misbruik, maar kyk wat sê Jahshua in H tot H 82:14. “Dit sou inderdaad ‘n baie maklike manier gewees het. Maar as Ek dit sou doen, dan sal die konings, sowel as die volkere immers ophou om vry mense te wees. Hulle sou daarom gerig word om soos edele menslik lykende diere te word, by wie daar geen sprake meer sal wees van ‘n vrye geestelike ontwikkeling nie. Solank ons mense soos mense wil behou, mag ons absoluut nie die magsmiddele wat ons ten dienste staan, gebruik nie. Want ons weet dat dit op dieselfde oomblik met die mensdom gedaan sal wees. Die mense sou tot diere en tot afgerigte slawe van ons ewige onoorwinlike mag word!”
            Vrye wil is gekoppel aan intelligente denke, daarom kan ons nie b.v. koppigheid van ‘n huisdier met vrye wil verwar nie. ‘n Pasgebore kind handel ook instinktief, maar soos die denke ontwikkel, ontwikkel die vrye wil met ‘n versnellende tempo. Die kind groei nou op as lid van ‘n gesin, waar elke lid ‘n vrye wil het, wat aansienlik kan verskil omdat denkrigtings en geaardheid verskil. Dissipline en wysheid het nou ‘n baie groot invloed, wat betref die harmonie in die gesin.
            Konserwatiewe ouers sal waarskynlik poog om hulle kinders volgens die riglyne van die Bybel en die volkstradisies op te voed, maar dit sal met baie wysheid en die minimum dwang gedoen moet word, want die kinders moet nie die dissipline in die ouerhuis as tronkmure beskou nie! Die kinders word skooltoe gestuur en daar bestaan die moontlikheid dat hulle blootgestel kan word aan begrippe wat nie in hulle ouerhuis aanvaarbaar is nie.
            Die vraag kan gevra word: Is die vrye wil ‘n seën of ‘n vloek? Die antwoord is op watter wyse sy vrye wil, sy eie vrye wil, toelaat om op te tree. Wanneer ‘n baie jong kind nie sy sin kry nie, kan hy in ‘n drifbui op die grond val, omdat dit vir hom voel of hy in ‘n tronk is, al het hy nog nooit ‘n tronk gesien nie! Die dissipline laat hom voel dat sy vrye wil aangetas word en sy optrede beteken dat hy misbruik probeer maak van sy vrye wil. Dieselfde kind kan later in sy lewe sy eie vrye wil aanpas by die van sy ouers omdat hy die wysheid daarvan kan insien.
            Ongelukkig is daar ouers wat die uitlewing van die vrye wil van hulle kinders so belangrik ag, dat hulle nie die gevolge van die ‘vryheid’ in ag neem nie! Dikwels is dit ook ‘n geval dat hulle kinders ‘n hindernis is wanneer die ouers met hulle eie vermaak besig is. Hulle leef volgens hulle eie vrye wil en gebruik hulle kinders se vrye wil as verskoning om van die ‘lasposte’ ontslae te raak! Kinders, sommiges selfs so jonk as 12 jaar, word by ‘n popfees afgelaai [met kombers en al] en die volgende dag eers weer opgelaai. Weet daardie ouers wat daar aangaan, of gee hulle nie om nie, want hulle wil nie inbreuk op hulle kinders se vrye wil maak nie! Wat by sulke popfeeste gebeur, is net eenvoudig te vulgêr om neer te skryf!
            Die verandering van ‘n mens se vrye wil is in werklikheid baie noodsaaklik, want indien die mens baie ‘standvastig’ aan sy vrye wil vasklou, sal hy as volwassene steeds oor die mentaliteit van ‘n kind beskik. ‘n Stabiele vrye wil kan in een van twee rigtings verander. Groei in die rigting van wyse ouers se voorbeeld, of verandering om aan sekere leerstellings gedienstig te wees.
            Weet die ‘traak-my-nie-agtige’ ouers wie Beatrice en Sidney Webb, asook George Bernard Shaw was en watter sluwe geleidelike rol hulle gespeel het, om die jeug tot dekadensie te lei? Hulle bose doelstellings het baie jare gelede ‘n aanvang geneem, maar tot vandag het dit ‘n toenemende bose invloed op die vrye wil van die jeug, want die promiskuïteit is fisies so genotvol dat dit deel van die vrye wil word en dus gewoontevormend is! Wanneer die gevolge van hulle optrede, soos b.v. swangerskap en of veneriese siektes hulle tot die werklikheid skok, sal hulle besef dat hulle gewaande vryheid hulle tot in ‘n ‘tronk’ gelei het! Die vrye wil het moontlik verdwyn vir altyd.
            En die ouers? Ons moet dit in gedagte hou dat Fabianisme vir baie jare reeds bestaan en dat die bose stelsel juis so stadig toegepas word, dat die meeste mense dit gladnie bemerk nie, en tog gewoond word daaraan! Dit is soos ‘n siekte waar die wat daarmee besmet is, glo hulle is gesond omdat hulle aan die siekte ly! Die kinders wat in die vorige twee paragrawe bespreek word, kom gewoonlik uit huise wat met Fabianisme besmet is, maar nie almal en ook nie altyd nie.
            Die ondersteuners, of sal ek eerder sê die wat met Fabianisme besmet is, het gedurende die laaste eeu of twee geweldig vermeerder, maar daar het ook ander aansteeklike siektes by gekom; jy weet soos tering ook die Vigs-lyer aantreklik vind!
            Die epidemie het na die smaak van sommige siekes te stadig versprei en toe tree daar ‘n Amerikaner met die naam John Dewey op die voorgrond. Hy het baie invloed gehad in die onderwys kringe en sy filosofie, wat hy ook in sy onderrig beklemtoon het, was dat die Skepper nie bestaan nie. Hy het die Marxistiese dogma beklemtoon, dat die mens geen siel of vrye wil het nie! Moraliteit het hy verwerp en die primêre doel van opvoeding was vir hom die vernietiging van die kind se individualistiese karakter eienskappe. Kyk waar trek ons nou al! By  Rusland 1917! En hoe is dit gesteld in die V.S.A? Die volgende aanhaling is geneem uit Attempted Rape of South Africa, geskryf deur Francis Grim: “At the close of Dewey’s career in 1950 he became honorary chairman of the league for Industrial Democracy which is the American counterpart of the British Fabian Society”! Die wat nognie die gevaar van die ‘siekte’ raaksien nie, is self siek of onnosel, want hulle kan nie die naderende verlies van hulle vrye wil raaksien nie! Die naderende ‘tronk’, die algehele verlies van hulle vrye wil, word as die ideale bestaan voorgestel en hulle kan nie die sluheid daaragter raaksien nie!
            Die mens se vrye wil; word dit gebruik of word dit misbruik? Wanneer ons let op die liefde van ons Skepper, soos beskryf in die eerste paragraaf, is die beleid van die Nuwe Wêreld Orde in skrille kontras, want die bose mag wil van die totale mensdom, deur middel van die ontneming van hulle vrye wil, slawe maak. Dit is die duidelikste voorbeeld van die verskil tussen Lig en duisternis. Die probleem is net dat die leuenagtige duisternis hulleself as lig voorstel en die gebreinspoeldes glo dit! Hulle het nie meer ‘n vrye wil nie en is reeds in die slawekamp! Vrye wil is belowe, maar willose gehoorsaamheid is die gevolg en sal onverbiddelik afgedwing word!
            Die vraag is nou: Hoe kan hierdie verskriklike toestand afgeweer word? Die twee bewegings van die vrye wil is reeds gemeld, n.l. na die lekker immorele, “Godlose” en geweten-lose wêreld, of na die liefdevolle Skepper. Om die weg van die Skepper te volg, beteken om ten volle en met erns Sy Orde geduldig en met wysheid te volg tot barmhartigheid en Liefde, wat sal lei tot eenwording met Hom.

DIE NAME



DIE NAME.

            Die verduideliking aangaande die oorspronklike name van die Skepper en ons Verlosser is geneem uit Die Nuwe Openbaring.
1. Die heidense benoeming van Baäl, naamlik “HERE” is reggestel met die ewige onveranderlike Naam “JaHWeH”. Die Naam was wel in die oorspronklik gedikteerde dokument as Jehova geskryf.
2.   Die heidense titel “Here” wat Baäl beteken is reggestel met die woord “Meester”.
3.   “Jesus”, die Griekse afgodsnaam, is reggestel met “JaHshua” wat in Hebreeus beteken “JaHWeH verlos”.
4.   Die heidense woord “Christus” wat ontleen is van die Griekse god, Kristos, is vertaal as “Messias”.
5.   Die woord “God” is in ooreenstemming met die Hebreeuse Bybelvertaling reggestel as “Elohim, El, Elohey en Elowahh”.
6.   Die heidense woord “heilig” is reggestel met die Afrikaanse woord vir die Hebreeuse begrip “godesh” naamlik “afgesonder, apart, gewyd, apartgestelde en apartheidsplek”.
7.   Die name van stede, stamme en persone waar die Hebreeuse tetragram JaH, JaHW of JaHH in voorkom, is reggestel sodat die tetragram wat verwys na ons Hemelse Vader se Naam, geëer word.
8.   Waar die woord, “God” [wat “El” in Hebreeus is] in name voorkom, is dit aangetoon, soos byvoorbeeld, JonaEl.
9.   Onder die begrip “mens” moet verstaan word die adamitiese skepping van die sesde dag, naamlik die nageslag van Adam.   

            Ek hoop dit sal help om verwarring te voorkom